Van die begin af het jy vir my leuens vertel
"Ek sal jou wys dat nie alle mans sleg is nie," het jy gesê...
"... gebid vir 'n kans dat ons kan saam wees" het jy gesê.
Gesê dat jy my nooit sal los nie, my nie sal seermaak nie, met my wil trou
My jou liefie en jou skat genoem...
Toe breek die dag aan wat jy jou ware kleure wys...
Jy bars by my kamerdeur in, vly jouself teen my aan, verlei my met soet woordjies en liefkosings...
Jy staan skielik op, sê jy kan dit nie meer doen aan my nie...
"Ek is nie reg vir 'n verhouding nie," het jy gesê.
Jouself beskryf as iemand wat nie 'n verhoudingmens is nie...
... bang dat jy my sal seermaak het jy gesê.
Jyt gesê jy kan nie weer iemand liefhê nie, jyt gesê jy moet wegbly van meisies af...
Jy maak hulle net seer het jy gesê.
Toe is jy sonder 'n verdere woord by my kamer uit, uit my lewe uit.
My hart is stukkend, die skerwe vertrap
Ek het jou geglo tot ek uitgevind het...
Jyt my gelos oor jy haar gevind het.
Jou woorde was nog nie koud nie toe het jy haar aan jou sy,
Min wetende dat jou woorde my nog bybly...
Jyt my uit jou lewe geblok, haar ingenooi...
Nie een vir verhoudings nie?
"Could have fooled me"
Want ek was toe altyd net jou tydverdryf...
VOCÊ ESTÁ LENDO
Liefdesskim
PoesiaDie eerste vryevers in Afrikaans, gee asb julle kritiek en raad waar ek kan verbeter: