Hoofstuk 3
"Ken jy vir Edmund, poplap?"
Ek en Edmund het so diep in mekaar se oë gestaar dat ek amper nie eers my ma gehoor het nie.
"Hm? O, ja, hy's in my Afrikaansklas."
"Hoekom het jy nie gesê jy het al vir Miems ontmoet nie, Edmund?"
"Moeks, ek het Miems eers die week ontmoet. Ek het nie geweet haar van is Van der Merwe nie."
"Dis seker waar. Ag maar dit maak nie saak nie. Waar kan ons die slaai en koeldrank sit, Marie?"
"In die kombuis. Volg my." Soos wat my ma verby my loop fluister sy saggies naby my oor, "Gaan sit jy en Edmund buite of iets sodat ons grootmense kan gesels."
Ek wou my oë rol maar het dadelik daarteen besluit en vir my ma geglimlag en my kop geknik. Toe my ma en tannie Greta in die kombuis is het ek omgedraai om Edmund te vra wat hy wil doen, maar hy het nie meer langs my gestaan nie.
"Edmund?"
My voorkop trek op in plooie en ek kyk orals om my vir 'n teken van hom. Êrens aan my linkerkant hoor ek 'n getik teen 'n venster en ek kyk in daardie rigting. Aan die anderkant van die venster staan Edmund, in sy jean en wit hemp. Mens kon sien hy is redelik goed gebou deurdat sy hemp span om sy arms en skouers. Sy een hand was opgelig terwyl sy wysvinger teen die venster tik. Ek skud my kop en loop in die rigting van die agterdeur. Boet kom dadelik na my toe aan gehardloop toe ek die agterdeur oopmaak.
"Hey. Wat doen jy hier?"
"Ek het julle hond gesien deur die venster en wou hom kom groet."
Ek frons en hy kyk na my met sy seegroen oë, hy glimlag en my knee word lam soos wat sy dimpels begin wys. Hy lyk so onskuldig. Boet loop na hom toe met 'n bal in sy mond. Edmund buk om Boet te vryf, haal die bal uit sy mond en gooi dit na die gras. Boet hardloop dadelik agterna.
"So Miems, het jy geweet ons ouers is al van universiteit af vriende?"
"Ek het eers 'n paar uur terug uitgevind. Ek nie eers geweet hulle het 'n seun nie totdat julle actually hier opgedaag het."
"My ouers het my gesê dat hier 'n dogter is maar ek het nie geweet dat dit jý is nie."
Wat beteken dit nou?
"Jap wel, dis ek."
Daar was 'n rukkie van stilte waar Edmund vir Boet die bal gooi. Na 'n paar minute het ek op een van die stoepstoele gaan sit en hy het net na my op die ander stoel gaan sit. Ek kon nie aan iets dink om vir hom te sê nie.
"So, hou jy van ons skool?"
Slim Miems. Is dit die beste waaraan jy kan dink?
Hy draai sy kop na my en glimlag weereens. My hart begin vinniger klop.
"Ja wat. Skool bly skool. Die leerders is darem nie te sleg nie."
"Jy al enige vriende?"
Dom vraag. Baie dom vraag. Jy wéét hy het al vriende gemaak, maar jy dink ook nie verder as jou neus nie, né Miems?
'n Hartlike lag tref my ore. Dit is 'n briljante lag, een van daai waarvoor jy nie moeg sal word om na te luister nie.
"Ja, ek het al 'n paar vriende gemaak. Ek is vriende met Kosie, Gert, Johan, Riaan, Ruan, Pieter en Hannes."
"Wow, almal van die rugby span."
"Natuurlik," hy knipoog vir my, "en dan het ek al met Sandra, Lisa, Gretha, Hannelien en Simoné gepraat."
YOU ARE READING
Boeretroos & Koeksisters (Afrikaans)
Teen FictionAangename kennis, my naam is Katarina Wilemien van der Merwe. Noemnaam: Miems. Ek het blonde hare en blou oë. Ek woon in 'n baie klein dorpie genaamd Botaville waar almal hulle neuse in mekaar se sake druk. As jong kind het ek altyd aandagtig gel...