Reymond het terug gekom na my en die oom toe.
"Kyk julle, ek is jammer. Ek het dit gedoen vir 'n goeie rede en ek weet dis al 2 jaar wat ek dit doen. Met Kersfees wat oppad is het ek gedink dat dit tyd is maar lyk my nie dit gaan meer nie. Ek het dit gedoen want ek wou Kersfees spesiaal maak vir julle almal en ek het 'n plan maar om eerlik te wees, weet ek nie meer nie. Wat ek wou gedoen het was om Kersfees spesiaal te maak, ek sou die huis se deure oop gemaak het en laat almal kom kry wat hulle wil. Die mense wie julle dink ek is, is nie ek nie. Julle ken my nie en julle dink al somer net so dat ek die vreedste mense is, ek is nie." sê die oom en sig.
"Ek het dit nie bedoel nie. Alles wat ek gesê en gedoen het. Kyk oom, ek is bereik om oom te help om vir almal 'n baie spesiaal Kersfees te gee. Ek sal oom help 'n nuwe plan maak, ek weet nie van Reymond nie maar ek is in. Belowe net dat oom dit nooit ooit weer sal doen nie." antwoord ek die oom en haal diep asem in en uit.
"Belowe. Weereens ek is regtig jammer, jammer." vertel die ou oom terwyl ek hom los maak.
Vir 'n oomblink moes ek stop, ek het net gedink aan hoe Riley my altyd help en hoe ons mekaar altyd help maak nie saak hoe erg of wat okal dit is nie. Ek het haar regtig waar baie gemis en ek sou graag nog net een keer met haar wou gepraat het. Maar nou is dit te laat. Mense kry nie altyd 'n tweede kans nie. Dis maar net hoe die lewe werk en mens kan dit nie verander nie.
"Ek is in." sê Reymond 'n rukkie later.
Ek het 'n groot glimlag op my gesig gehad en geweet dat ons Kersfees nog die beste dag van almal se lewe maak. Dit gaan 'n Kersfees wees sonder Riley, die eerste keer in baie lank. Ek gaan myself vorseer om deur dit te kom en elke dag tot die volle te lewe.
Reymond, die oom en ek het na al die speelgoed toe geloop en die oom het ons alles vertel wat ons moes geweet het van die speelgoed en sy huis.
Eers het ek 'n plan gemaak terwyl almal besig was met iets anderste. Die oom was winkels toe gewees om liggies en alles te koop wat hy dink ons sal benodig. Reymond het my in geselskap gehou.
"Dink jy nie die oom steek nogsteeds iets weg nie. Iets is net nie reg nie. Nou eweskielik vertel hy vir ons alles wat aan gaan maar 'n paar minute wou hy niks gesê het vir my nie. Ek dink net dat die oom iewerste nie die waarheid praat nie. Wat dink jy?" vra Reymond vir my.
Ek het op gehou waarmee ek besig was en vir hom gekyk, "Kyk die oom wil Kersfees spesiaal maak vir almal maar hy weet nie hoe nie, ons help hom net en dan is ons weg. Hy het in elk geval my belowe dat hy dit nie weer sal doen nie." antwoord ek en wonder hoekom hy ooit dit sal dink van die oom.
"Dit beantwoord nie my vraag nie maar in elk geval, ek dink ek en jy moet na my huis toe gaan. Ek is seker my ouers onthou jou nog. Asseblief?" vra Reymond vir my en staan lanks aan my om te kyk hoe die planne gaan.
Ek het my potlood en alles neer gesit en agter Reymond na die deur toe geloop. Ons het verby my huis geloop en ek kon net nie vir die huis kyk nie.
"Hei Rochelle, dit sal okay wees. Ek is hier vir jou en ek wil daar wees vir jou as jy my kort. Dit is moeilik vir my ook en dit breek my maar dis lewe." sê Reymond vir my want ek het nie baie gelukkig gelyk en gevoel nie.
Reymond het my eerste by sy huis laat in loop. Sy ouers was besig gewees om kos te maak en sy baba sussie was aan die slaap gewees in haar bedtjie. Nie een van ons het 'n kans gehad om 'n woord te sê nie en sy ouers het dadelik na hom toe gegaan en vir hom drukkies gegee. Hulle het so gelukkig gelyk. Ek het geweet dat hulle gelukkig is want hulle kon nie op gehou om te glimlag nie, ek is seker dat as ek vir Riley nie 'n paar maande gesien het nie en ek sien haar weer sou ek net so bly gewees het. Na 'n rukkie het sy ouers ook vir my stywe drukkies gegee. Hulle het my onthou wat goed is.
Sy sussie het begin huil en Reymond het haar gaan haal en vir my gewys. Dit was die eerste keer wat ek haar in 'n baie lank tyd gesien het so ek was baie bly om haar weer te sien.
Die ou oom het by sy eie huis aan gekom en ons in sy huis gaan soek maar ons was nie daar gewees nie. Hy het die planne gesien wat ek gemaak het en van die speelgoed wat Reymond begin toe draai het. Ons het nie alles klaar gemaak nie, ons het net begin om alles te doen.
Ek het myself nie bekommerd oor die oom nie en net die middag saam met Reymond en sy familie gespandeer. Hulle wou geweet het waar Riley is maar ek het net vir hulle reguit die waarheid vertel en gesê dat ek nie regtig daaroor wil praat nie. Sy ouers het verstaan en nie weer haar naam of enige iets van haar op gebring nie. Dit het net gevoel of ek by hulle behoort want ek kon myself gewees het en hulle het my verstaan. Dit het op gemaak vir al die hartseer van vanoggend.
YOU ARE READING
Die ou huis
FantasyWat doen die ou oom in ons straat met al die kinders se speelgoed? Ek en my beste vriendin, Riley is besig om te probeer uit vind. Een van ons kan iets oor kom en die ander een kan dalk nie alles hanteer nie. Ou vriende kan uit nêrens opdaag en dalk...