hoofstuk 1

1.2K 35 1
                                    

Ek skrik wakker en ek besef ek is nie meer in my kamer nie en ek gryp intinktief na die pistool op my bedkassie maar my hand maak hard kennis met die vloer en die pyne skiet deur my hand. 'Flip!' Dit glip per ongeluk uit en ek voel skaam. Ek gebruik die laaste wetwipe in die pakkie en vee my sweterige hande af.

Alles het verander vandat die nuwe wetgeweing ingestel is en nie meer meisies hier toelaat nie. Die plek is mos net vir harde mans en toe ek aanbied om te veg is ek verwerp. So dis my storie muurblommetjie duisend met vaalblond hare en modderige oë. Geen ou sal twee keer kyk na my nie.

Die oggend wind waai deur my hare toe ek by my wegkruip plek uit kom. Ek wil terug gaan, terug na my ouerhuis die huis wat so gewild is: die koningshuis, ja eks prinses under cover. Die hele land is opsoek na my want ek het glo hulle kode gebreek, die een wat sê dat vrouens nie gehoor mag word nie maar net gesien en gebruik word.

Ek loop by die eerste winkel in en haal pakkie wetwipes en paar blikkies kos en loop na die toonbank toe, ek sit die produkye neer en haal my kaart uit. Ek gee die kaart vir die vrou en ek teken die slip sy gee my handtekening n kyk en lig haar wenkbrou. Ek onthou skielik dat my handtekening gaan verklap wie ek is.

Die vrou se hand gaan dreigend nader aan die rooi knoppie maar ek klip my knipmes oop en leun oor die tafel. Haar omlynde oë rek groot en sy sê in gebroke engels:'I tell not.' Maar haar vinger word wit soos sy die panic button diep in druk. Sy kyk my met uitdagende oë aan maar ek kan nie moordpleeg nie en trek my lem terug en gryp my kaart en goed en hardloop toe ek die sirenes in die verte hoor aankom.

My oë water as ek dink dat hulle my gevind het en ek hardloop vir al wat ek werd is. Ek sukkel deur die bosse maar hou aan, die wapens klingel in my sak maar ek durf nie hulle los nie want dan is ek kwesbaar.

My voet gly en ek kom en hard te lande en dit word swart...

Die Eerste Afrikaanse StorieWhere stories live. Discover now