Ek sou kon doen met 'n miljoen

114 2 0
                                    

Santie Koekemoer is 'n gewone middelklas werker in 'n gewone middelklas huisie met 'n gewone middelklas man en gesin.

Sy ry 'n ou Toyota Corolla wat plek-plek geroes is. Haar huisie kan doen met 'n make-over. Eintlik veel meer as dit. Haar meubels is al deurgeskif van al die sittery van haar man voor die tv saans. Haar boepens-bleskop mannetjie se klere blink is gestryk. Hy werk by die bank as 'n teller.

Die drie kindertjies is soos orrelpypies. Hul is almal amper ewe oud. Op 'n stadium was sy byna heeltyd swanger en kaalvoet voor die stoof, kliphard besig om die pot aan die kook te probeer hou. Die kinders is 3,4 en 5 jaar oud. Bedags bly hul by hul ouma, omdat hulle nie kleuterskole kan bekostig nie. En Ouma is nie juis 'n goeie invloed op hulle nie. Sy sit heeldag met haar japon, sigaret in die mond en kyk die een sepie na die ander. Die arme kindertjies moet hulself doodstil besig hou.

Santie lyk so bietjie oud voor haar tyd, alhoewel sy nog nie eers 30 is nie.

Sy werk by die tuisnywerheid. Nee, sy bak en brou nie, maar pak die varsgebak uit en op hul plek en slaan die till.

Haar baas, alhoewel dit 'n vrou is, is 'n regte Cruella de Ville. Wreed met die mond. Sy kan nooit enigiets goeds sê van enige van die hardwerkende vrouens nie. Selfs die baksters wat die inkomste inbring, loop deur onder haar venynige tong.

Een blou Maandagoggend het alles in plek geval vir Santie Koekemoer en haar gesinnetjie.

Sy was nog nie eers behoorlik uit haar pajamas en haarkrulle nie, toe haar telefoon skril lui. Nog een van daardie ou baksteen Nokia's.

More, is dit mev Santie Koekemoer wat praat?

Benoud het sy ja geantwoord.
Sy kry nou nie juis veel telefoonoproepe met dié dat sy 'n besige werkende vrou en ma is.

Ek is Thabo Mokwena. Jy het verlede week 'n lotto kaartjie by die Spar gekoop?

Ja, antwoord sy.

Wel, mev Koekemoer, dit is vir my 'n groot vreugde om jou mee te deel, dat jou 6 nommers die gelukkige nommers is van R 5 miljoen rand!

Net daar, laat Santie die telefoon uit haar hand glip.

Mev Koekemoer is jy daar? Mev Koekemoer????

Verbouereerd tel Santie weer die telefoon op en met bewende hande, druk sy dit teen haar oor.

Die stem aan die anderkant bevestig weer dat dit die regte persoon is en bevestig haar identiteit. Die geld sal binne die volgende paar dae persoonlik by haar afgelewer word. Sy word gevra of sy Die Beeld en ander koerante daar wil hê.

Nee dankie. Dit moet konfidensieël wees asseblief.

Reëlings vir die groot oorhandiging word getref.

Na die telefoonoproep, gee sy 'n gil en dans deur die huis, na waar haar mannetjie in die kombuis sit en koffie en beskuit geniet.

Wat skreeu jy so, vrou?, wil hy weet.

Moet sy hom vertel of nie, wonder sy?

Nee, haar huwelik is beslis nie maanskyn en rose nie.

Jy moet jou goed vat en trek Ferreira, sê sy vir hom.

Wat? Hoekom? Vra hy rooi in die gesig.

Jy kan by jou rooikop flerrie met die groot boobs gaan intrek. Dis mos wat jy lankal al wil hê, of hoe? Dan kan sy sommer heeltyd jou kos vir jou aandra en jou ou klere stryk. O ja, en al jou ou vuil onderbroeke met die briekmerke ook sommer met haar hand was, soos ek nou al die laaste 6 jaar lank doen!

Wa-wa-wa, .......
Hy hap net babbels. Kry nie 'n behoorlike woord uit nie.

Moet ek vir jou pak of gaan jy? Jy het presies 'n halfuur om uit hierdie huis te kom. En ek wil jou nooit ooit weer sien nie. Genoeg is genoeg!

Maar wat van die kinders? Ek het ook 'n aandeel in hulle!

Hulle is nie besittings. En jy het nog nooit oor hulle geworry nie! Jy hoer en rumoer en suip soos 'n vis. Waarvoor wil jy nou skielik worry? Trap!!!

Gedweë het mnr Koekemoer opgestaan en sy ou paar blink gestrykte kleertjies in een ou tassie gepak. Hy het in sy verweerde karretjie geklim en weggery, sonder om terug te kyk.

Good riddance, het Santie gedink.

Well, one down another lot to go!

Dit was amper 10h00 toe Santie die deur van die tuisnywerheid oopstoot.

Cruella het haar boos ingewag.

Voordat sy nog enigsins iets kon sê, het Santie vir haar gesê: take your job and shove it ! Presies net soos hul op Jakaranda sê.

Cruella het soos 'n vis op droë grond gelyk.
Santie het nog nooit so goed gevoel nie.

In die kar, besef sy dat sy nou manloos EN werkloos is.

To hell with it!

Die kinders was reeds vroeg al by haar ma.

Sy het na die naaste bottelstoor gery, daar 'n groot bottel Franse sjampanje met byna haar laaste spaargeld gekoop en teruggery huis toe.

Sy het nie sjampanjeglase nie en het die koffie beker gevat en vol geskink en in 'n borrelbad geklim. Die borrels het haar neus gekielie.

Vrek, die goed is sleg! .

Dit was na die eerste koppie. Sodra die water koud geword het, het sy warm waterkraan met haar tone oopgedraai en opgetop. Kort voor lank was die sjampanje klaar, die water koud en sy heeltemal te onvas op haar voete om iets te doen. 

Sy het snorkend voor die tv- sepies aan die slaap geraak. Gelukkig sou die kinders eers die volgende dag huis toe kom en kon Santie haar roes afslaap.

Die volgende oggend was daar 'n hond in haar mond en duisende mannetjies met hammertjies in haar kop.

Sy het besef dis die dag dat sy haar groot tjek sal ontvang.
Gou weer deur die bad gespring. Haar blonde gepermde hare gefluff en rooi lipstiek aangesit en haar beste kerkrokkie aangetrek.

Die klop aan die voordeur, het die Lotto-mense aangekondig.

Met groot fanfare is die geld aan haar oorhandig. Hulle wou net fotos neem, maar sy het volstrek geweier.

Sy wag haar hele lewe lank vir haar skip om in te kom en hierdie gaan sy met niemand deel nie!

Ek Sou Kon Doen Met 'n MiljoenWhere stories live. Discover now