Wat doen ek met soveel geld?

387 2 0
                                    

Santie het, nadat die Lotto mense weg is, verstom op die bank neergesak met die tjek in haar hand.  Sy het bly staar na al die 0'e.

Wat gaan ek doen met al die geld?

Die eerste ding, was om bank toe te gaan. Die bankbestuurder wou haar nie sien nie.

Weet julle ooit wie ek is? het sy in 'n posh stemtoon gevra.
Ek het so pas R5 miljoen gewen en as julle bank my nie wil help nie, gaan soek ek iemand anders om 'n rekening oop te maak.

Die kassiere se mond het oopgehang.

Vyf minute later het sy in die sagte kussings van die bankbestuurder se stoel neergesak. Haar rekening was binne minute oopgemaak en sy het gesorg dat sy nie 'n limiet opsit nie.   Nee dankie, ek wil tans geen sent vasbelê nie. Sodra ek gereed is, sal ek u weer kim sien, mnr Mc Rory. Baie dankie vir u diens.

Santie het daar uitgestap met haar blink nuwe bankkaart slegs in HAAR naam.

Haar volgende stop, was slegs 'n paar blokke ver weg.  Sy het by die Toyota handelaar ingestap reguit na die verkoopsman met sy spierwit tande en blou das.

More mevroutjie, kan ek u wys watter oulike tweede handse motortjies het ons?

Meneer...... Santie soek sy naamplaatjie.
Meneer Van der Merwe, ek soek beslis nie 'n tweede handse stukkie blik op wiele nie.  Ek wil die nuutste model RAV 4, vierdeur hê. En ek betaal boonop kontant!

Meneer Van der Merwe het net een keer na sy asem gesnak en Santie liggies aan die arm geneem na die betrokke motor.

Voor die bloedrooi een het sy tot stilstand gekom.

Dit is die een wat ek soek, jy kan maar die papiere opstel. Ek teken!

Van der Merwe kon nie gou genoeg die vorms opstel en al die nodige handtekeninge kry nie.

Santie het haar hand uitgehou vir die sleutel. Snaaks hoe hard en vinnig geld praat!

Buite sien sy haar ou geroeste Corolla staan. Sy het dit so een kyk gegee en vir mnr Van der Merwe gesê: daai ou blik, kan jy maar op die ashoop gooi!

Sy klim in haar splinternuwe motor en trek met 'n vaart weg. So in die ry, kyk sy na haar hande.

O gaats, hier is beslis nog 'n make-over nodig.

So in die ry sien sy 'n bordjie ALL IN BEAUTY DAG-SPA.
Vinnig ry sy daar in.

Goeiemore, ek wil asseblief inboek vir 'n hele nuwe ek. Ek wil soos 'n sikspens lyk en voel.

Die blonde ontvangsdame blaai deur die afspraakboek en soek kamma na 'n opening. Haar telefoon lui. Dit is een van die sekuriteitswagte wat haar vertel van die splinternuwe motor buite.

Net so oomblik mevrou, ek sal u nou deurneem na Fransisca wat u sal behandel vir die dag.

Kort voor lank was Fransisca daar en Santie het 'n dag belewe soos nog nooit in haar lewe nie.

Sy het 'n pedikuur, manikuur, vollyf massering en die hele toetie gehad. Die Spa spesialiseer ook in grimering en klerekas beplannings.  Santie se grimering het gelyk of sy op die voorblad van 'n tydskrif kon pryk. Onder die los sakkerige klere wat sy altyd gedra het, was die lyf van 'n godin.
Franco het dit alles raakgesien en elke deel van haar lyf beklemtoon.

Kort voor lank was dit tyd vir die revealing!   Net jammer dat sy alleen was en nie iemand gehad het om dit mee te deel nie.

Voor die spieël het sy gestaan.
Die gordyn het gesak.

Wie was dit wat na Santie Koekemoer in die spieël gekyk het?

Spieëltjie, spieëltjie in my hand, wie is die mooiste meisie in die land?

Santie Koekemoer, dit is beslis jy!
Niemand kan by jou kersvashou!

Voor haar in die spieël, het hierdie slanke vrou met 'n byna model mooi lyfie gestaan. Haar hare 'n auburn kleur met helder strepies in. Die grimering vlekloos en smeulend.
Haar klere het soos 'n handskoen gepas.

Wêreld hier kom Santie Koekemoer !

Ek Sou Kon Doen Met 'n MiljoenWhere stories live. Discover now