Verlede 1

57 3 0
                                    

"Die antwoord is 2!" bulder die wiskunde onderwyser uit nadat Dylan al die hoeveelste keer sy hand in die lug steek om te stry. Hy besluit toe om maar op te gee om die onderwyser reg help want hy wil nie gehelp word nie.

Hy draai na die meisie wat langs hom sit. "Jy het my nog nie jou naam vertel nie." wys hy uit. Sy kyk hom snaaks aan en gaan aan met haar werk. Hy gee 'n sug en gryp haar boek by haar. "Hei! Wat doen jy?" vra sy. Hy ignoreer haar en kyk op haar boek. "Monique Van Vuuren. Mooi naam!" sê hy ewe ordentlik. Vies gryp Monique haar boek by hom voordat die onderwyser hulle weer uithaal met daai diep stem.

Terwyl hulle die laaste paar somme oplos kyk Dylan onder langs na haar. Hy kan nie glo dat hy haar nog nooit geleer ken het nie. Haar stil persoonlikheid spreek boekdele en selfs enige persoon kan agter kom sy is ook die een met wie hy die meeste gaan sugeva Haar blond bruin hare blink silwer wanneer die son op dit val en haar wanneer die son op haar donker bruin oë skyn, kom daar 'n ligter groen kleur te voorskyn.

                                          ...

Hy smyt sy pen neer alte bly dat daardie hope wiskunde huiswerk uiteindelik klaar is. Na skool het hy eers gaan krieket oefen maar hy kon nie ophou aan haar dink nie. Hy kort net 'n manier om deur te breek by haar maar die vraag is net hoe. Hy kan dalk begin sjokolade balletjies in sy penne sakkie aanhou wat hy kan vir haar gee of hy kan net behin met haar praat en haar bietjie meer leer ken. Die plan wat die mees uitvoerend sal wees is om maar net met haar te praat.

                                        ...

Hy het tog toe die vorige dag 'n blok sjokolade gaan koop om in sy pennesakkie te hou net vir ingeval sy nie wil praat nie. Wiskunde is laaste periode so hy moet seker maak dat hy deoderant voor daardie periode spuit. Hy moet ook seker maak hy kom vroeg in die klas in sodat hy kan sit en wag vir haar.

Uiteindelik lui die klok om die laaste periode aan te kondig. Hy haas hom na die klas en gaan sit. Die hele klas kom in maar sy is nie daar nie. "Kayla, waar is Monique?" vra hy haar beste vriendin. "Sy is sagtebal toe." antwoord sy, "hoekom wil jy weet?" Natuurlik het sy sagtebal op Donderdae en nou dink haar vriendin dat daar iets is tussen hulle is. Maar daar is mos niks nie want hulle het nog nie baie gepraat nie, of eintlik het hulle al niks gepraat nie.

Wag! Kayla speel sagtebal saam Monique, nou hoekom is sy dan nogsteeds hier? "Jy glo als wat jy hoor, jy weet mos sagtebal seisoen is aan die einde van jaar en nie die begin nie." lag Kayla, "sy is net gou badkamer toe en sy staan net agter jou."
Hy word bloedrooi. "Hallo." stotter hy. "Ek hoor jy soek my." Sy lag en gaan sit net voor die onderwyser kan begin raas met haar omdat sy laat is.

Naabot mo na ang dulo ng mga na-publish na parte.

⏰ Huling update: Oct 04, 2016 ⏰

Idagdag ang kuwentong ito sa iyong Library para ma-notify tungkol sa mga bagong parte!

Wanneer jy nie meer saak maak nie, of hoe?Tahanan ng mga kuwento. Tumuklas ngayon