Die Seun met die vreemde oë ...
My eerste dag terug by die skool was teleurstellend! Ons het hope en hope boeke ontvang.Buiten dit het die skool so vreemde gevoel gehad asof ek iets moet verwag , maar ek weet nie wat nie.Ek staan van my bed af op en klim in die bed. Die beste ding om nou te doen om te vergeet.
...
Die volgende oggend betree ek die skool met my oë nog dik opgeswel en my brein nog vas aan die slaap. Skielik stamp ek teen iemand... Ek kyk skuldig op na die seun met die vreemdste blou oë terwyl hy my aandagtig aanstaar. "Hi skies ek is nog deur die weer , verskoon my." Sê ek vinnig nog voor hy ñ woord kon inkry. Hy knip-oog vir my en stap verder sonder om ñ woord te sê.
Vreemd...
Ek stap bedees na my bank toe , sit my swaar tas neer en gaan sit moedeloos. "Hy het nooit eers vir my gesê wat is sy naam nie of gevra wat myne is nie." bespreek ek perongeluk hard-op met myself. "Met wie gesels jy so, Sandra?" Vra Bonita terwyl sy haar kop liggies krap en na my kyk asof ek kens is. "Ag sommer met niemand nie." Antwoord ek terwyl ek aanhoudend met my hande vroetel. "Komaan, ek is nie vertraag nie. Wat is dit Sandra , uit met dit?" Bonita is nou nie een van daai mense wat haar neus uit ander mense se sake kan uithou nie , sy moet altyd alles weet.
"Oukei as jy so graag wil weet. Ek het vanoggend aan ñ vreemde seun vasgeloop , lank , maer , swart hare , mooi glimlig." Beskryf ek die seun toe Bonita my in die rede val. "O is dit nie die nuwe seun wat onlangs hierna-toe getrek het nie?" "Ja heel moontlik." Antwoord ek.
...
Die klok lui en dis tyd om te wissel. My hart klop effens vinniger met die gedagte dat hy hier iewers kan wees. Die seun met die vreemde oë , oorfone wat altyd by sy trui uithang , wat altyd ñ langbroek dra en sy trui tot by sy elmboë oprol.
"Daar is hy." Wys ek vir Bonita. Hy stap nou in ons rigting in , hoe lyk ek? Is my hare nog reg." "Ja Sandra kalmeer jy lyk fine." Antwoord sy net soos hy by ons tot stilstand kom , nogsteeds tjoepstil. "Hi e-ek , uhm e-ek is." "Sandra!" Help Bonita my reg terwyl ek nog my varkies bymekaar probeer kry. "Melcolm." Sê hy en steek sy hand uit om my te groet.
...
Dis nege uur die nag toe ek ñ geluid in die veiligheidskelder hoor. Ek spring van my bed af op en loop saggies na die kelder toe , trappie vir trappie gaan ek af en reik na die toutjie om die lig aan te skakel. Daar staan iemand by die bank , maar ek kan nie sien wie dit is nie. Die persoon se baadjie keps is oor sy kop getrek. " Wie is daar?" Vra ek skrikkerig.
Die persoon draai om en verwyder sy keps. Dis Melcolm , maar wat soek hy hier en hoe weet hy waar ek bly , wonder ek. " Melcolm?" Vra ek verward. "Sandra ek is in die moeilikheid." Antwoord hy soos die sweet by hom af tap...
YOU ARE READING
Die seun met die vreemde oë...
Teen Fictionñ Tiener verhaal , die seun met die vreemde oë. Daar is iets vreemds omtrent die seun , iets heeltemal anders , maar dis omtrent ñ raaisel om te probeer uitvind wat dit is , maar in die proses om uit te vind raak Sandra verlief , moet sy saam hom of...