Pieter is 'n klein fyn seuntjie, gister was sy 5de verjaarsdag. Niemand het dit onthou nie. Sy ouers was te besig met al hulle dinge.
Daar was vandag baie mense by hulle huis gewees. Hy het gedink dit was vir hom, 'n verrassings partytjie, maar dit was toe nie. Sy ma het baie gehuil, hy verstaan nie hoekom nie want baie mense het vir haar blomme en kaartjies gegee. Hy het haar probeer troos maar sy het hom geïgnoreer. Sy pappa het kwaad gelyk en hy het liewers uit sy pad gebly het.
####
Pieter lê op sy rug op sy kamer se mat. Hy het sy gunsteling bloedrooi vliegtuigie in sy hande en ...zoom, zoom... speel hy en laat die vliegtuigie deur die lug beweeg. Die deur gaan stadig oop. Hy laat val die vliegtuigie op die mat en spring op en gaan staan langs die bed. Sy ma verskyn in die deur haar oë is rooi gehuil, sy stap in en tel die vliegtuigie op en gaan sit op die bed en begin huil. "Ek is jammer mamma ek sal my speelgoed bêre. Hoekom huil mamma so?" Sy ma prewel saggies. "Dit is so seer, die pyn wil nie weggaan nie." "Is Mamma se rug nog seer?"
Sy was in 'n kar ongeluk gewees en sy het haar rug seer gemaak. Hy onthou hoe hy moes wag dat sy moes huis toe kom. Dit het gevoel of die tyd nie wou verbygaan nie. Sy pa was baie kwaad gewees en het nie met hom gepraat nie. Sy pa hou nie van ongerief nie, hy raak 'n baie omgekrap as hy nie kan direk huis toe kan kom en rus nie. Mamma sê altyd pappa het hard gewerk, daarom moet hy eers rus dan sal hy later met my speel. Pappa het dan op die bank voor die TV gaan sit en dan moes hy in sy kamer speel, sodat hy nie pappa pla nie.
###
Mamma wil nie opstaan nie, sy lê die hele dag en slaap. Sy bly sê sy voel iets, dat sy nie rus kan kry nie.
Pieter sit op die voetenent van die bed, hy het moed op gegee om sy ma gelukkig te maak. Sy bly hartseer en dit is asof sy meer huil as hy naby is.
"Môre groot seun" dreun 'n bass stem agter hom. Hy skrik so groot hy val amper van die bed af.
"Oupa, ek het oupa gemis! Hoekom kom kuier oupa nie meer nie?
"Groot seun, ek dink ons moet praat. Jy sal saam met oupa moet kom."
Pieter spring van die bed af. "Waar heen gaan ons Oupa?" vra hy met opgewondenheid.
"Iewers waar jy nie jou ma meer sal pla nie."
Pieter streek skielik vas by die deur, hy sien sy ma op die bed lê. "Oupa, mamma het dan vir my gesê Oupa is vir altyd weg en sou nie weer terugkom nie."
"Ja, my seun, maar ek het spesiaal gekom vir jou."
Pieter besef ewe skielik wat aangaan. "Oupa het Mamma hulle my ook in 'n boks gesit en in 'n gat gesit?"
"Nou begin jy verstaan my seun... " oupa streel sy hare saggies "... ons is nie meer van die wêreld nie. Waar ons gaan is dit baie beter."
Hulle stap die gang af, die gang voel baie lank vir Pieter...
###
Magda sit skielik regop in die bed. Dit voel of die wêreld van haar skouers af geval het. Die lewe sal weer aan kan gaan...
YOU ARE READING
Mengelmoes / Medley
RandomKort stories vir jonk en oud. / Short stories for young and old.