Die See Het Geneem

122 3 0
                                    

Die see se water klots
sagkuns teen die rots,
die liggeel skuim wat formeer
dryf rustig heen en weer.
Die lug is bou,
die son is grou.

Wat is die liefde? Wat is dit werd?

*Bitterbessie dagbreek
bitterbessie son
‘n spieël het gebreek
tussen my en hom…

Die sewe jaar ongeluk
het sy vrugte gepluk.
Die spieël wat sy gebreek het
sal niemand in kan oplet.
Dis die vernster, die vensters na die siel
dit is waarin niemand meer in kan sien.

Wat het sy gesoek?

…Soek ek na die grootpad
om daarlangs te draf
oral draai die paadjies
van sy woorde af…

Sy woorde was so slinks,
hoe moes sy weet hy is net pure hinks.
Hy draf die pad af
en verlei sy prooi na die graf.
Die hinks se woorde het haar getoor
en die waardevolle spieël het sy verloor.

…Dennebos herinnering
dennebos vergeet
het ek ook verdwaal
trap ek in my leed…

Draai sy na regs
is sy herinneringe nie ver weg,
draai sy na links
hou die lewe hom slinks.
Die tyd het gaan staan
dit beweeg nie meer aan.
Selfs die krappies beweeg met styd
teen die stilstand van tyd.

Waar is sy nou? Wat maak sy hier?

…Papagaai-bont eggo
kierang kierang my
totdat ek bedroë
weer die koggel kry…

Die lewe het haar gekoggel,
todat sy begin roggel.
Die eggo van die pyn
wat van haar hartkamers nie wil verdwyn.

So, wat is die liefde? Wat is dit werd?

…Eggo is geen antwoord
antwoord hy alom
bitterbessie dagbreek
bitterbessie son.

Sy voel styf en taai
soos die see water oor haar waai.
Die slang het Eva verlei
hoekom het sy hom nie vermy.
Waar is haar klere, waar is haar rok?
Die mense staar na haar lyk… geskok!

Alleen het sy in die wêreld gekom en alleen sal sy gegaan.

*Gedig deur Ingrid Jonker, Bitterbessie dagbreek.

Mengelmoes / MedleyWhere stories live. Discover now