My Gunsteling Sprokies Verhale
-deur Leonie Ferreira-
Voorwoord
As kind het ek 'n voorliefde ontwikkel vir lees en natuurlik ook om hierdie stories oor te vertel. Hier is 'n paar van my gunstelinge verhale van bekende skrywers soos ek van dit hou.
Hoofstuk 1
Sneeuwitjie en die Sewe Dwergies deur die Grimm Broers
Eendag lank, lank gelede in 'n vêr land. Waar daar nog konings en kastele heet, was daar 'n koning en sy pragtige vrou. Hulle wou so graag 'n kindjie hê. Een donker aand toe die land dig toe was onder 'n wit kombers van sneeu, het die vrou warm in die kasteel gesit by die venster en werk aan 'n lappies kombers. Skielik steek sy haar vinger raak met die naald. Klein bloed-rooi druppels val op die kombers. Sy staar by die venster uit en wens dat as sy 'n kindjie sou kry moet dit 'n pragtige dogtertjie wees, met hare so swart soos die donker nag, lippies so rooi soos bloed en haar vel so wit soos die sneeu.
'n Paar jaar later het die vrou toe 'n pragtige dogtertjie gekry, wat lyk nes soos sy gewens het daardie aand. Die koning was baie bly en hulle het haar Sneeuwitjie genoem. En die koningkryk was verheug oor die pragtige prinsessie. Maar een aand het die koningin skielik siek geword en gesterf. Die koning se hart was baie seer, want hoe gaan hy nou na Sneeuwitjie kyk. Die tyd stap aan en Sneeuwitjie word ouer by die dag. Ewe skieklik besluit die koning die tyd is reg om weer te trou en hou toe 'n swierige fees. Tydens die fees ontmoet die koning 'n geheimsinnige beeldskone vrou, op wie hy smoorverlief raak en wat dan ook later die koningin word en ook Sneeuwitjie se stief ma.
Die koningin met 'n diep donker geheim, sit elke aand in haar kamer voor 'n wonderlike magtige spieël en sê: "Spieëltjie, Spieëltjie. Wie is die mooiste in die land?" En elke aand sal die spieël sê: "U... o, Koningin is die mooiste in die land! " Maar dis nie lank nie, toe die koningin eendag besef dat Sneeuwitjie al hoe mooier en gewilder raak onder die kasteel personeel. Die koningin gee elke dag vir Sneeuwitjie allerhande takies om te doen, sodat niemand haar kan sien nie.
Een aand sit die koningin weer voor die spieël en sê: "Spieëltjie, Spieëltjie. Wie is die mooiste in die land?" Maar hierdie aand is anders as al die ander aande en die spieëltjie antwoord: "U... o, Koningin is pragtig en beeldskoon, maar Sneeuwitjie is nou die mooiste in die land!" Die koningin is woedend en kan nie rustig slaap nie. Die volgende dag roep sy een van die kasteel se jagters. Sy gee vir hom 'n opdrag dat hy vir Sneeuwtjie diep in die bos sal neem. Hy moet vir Sneeuwitjie doodmaak en haar hart moet hy terug bring vir haar. Die jagter is onsteld en wil dit nie doen nie. Die koningin sê vir hom dat hy nie 'n keuse het nie of anders sal sy hom straf.
Met 'n swaar hart vat die jagter sy jag mes en neem vir Sneeuwitjie tot diep in die bos. Sneeuwitjie stap al te vrolik en pluk baie blomme. Die jagter kan dit net nie doen nie. Hy gaan op sy knieë en sê vir Sneeuwitjie: "Die koningin wil jou dood hê! Jy moet vêr weg hardloop en nooit weer terug kom nie!" Sneeuwitjie is diep geskok en laat al die blomme val en hardloop diep in die bos in.
Die jagter vang toe 'n klein bokkie en sny sy hart uit en vat dit na die koningin. Die koningin is baie in haar skik en is verheug om weer die mooiste in die land te wees. Die koning se hart is seer toe hy hoor dat Sneeuwitjie weggehardloop het. Dieselfde aand, diep in die bos, vind Sneeuwitjie 'n klein huisie. Sy klop aan die deur, maar daar is niemand by die huis nie en boonop is die deur oop. Die huisie is deurmekaar en vuil. Hoewel sy moeg en honger is, spring Sneeuwitjie aan die werk en maak die huisie skoon. Sy maak ook 'n heerlike pot sop en raak aan die slaap.
Die inwoners van die huisie is sewe dwergies, wat elke aand laat van die myn af kom. Die dwergies was baie ontstoke toe hulle vind daar is iemand in hulle huisie. Met die eerste oog opslag het die dwergies se harte gesmelt oor die beeldskone Sneeuwitjie. Die volgende dag ontmoet sy hulle en vertel hulle van haar aaklige stief ma, die Koningin. Die dwergies sê vir Sneeuwitjie dat sy by hulle kan bly en dat sy moet versigtig wees. Sy moenie die deur vir enige iemand oopmaak nie. Elke dag gaan die dwergies na die myn toe om te werk.
Die aand besluit die koningin dat sy weer vir die spieël sal vra. Waarop die spieël antwoord: "U... o, Koningin is pragtig en beeldskoon, maar daar vêr, diep in die bos by die huis van die sewe dwergies, woon Sneeuwitjie en sy is nog steeds die mooiste in die land!" Die koningin is uiteraard woendend: "Hoe kan dit moontlik wees? Sien hier is haar hart!" Die spieëltjie antwoord: "Dis die hart van 'n bokkie en nie Sneeuwitjie s'n. Sneeuwitjie lewe nog." Die koningin is briesend en hardloop af na haar versteekte kamer in die kasteel.
Sy vat 'n kam en gooi 'n brousel gif daar oor. Sy vermom haarself in 'n pragtige meisie sodat Sneeuwitjie haar nie kan herken nie. Sy dra saam met haar 'n mandjie vol kamme wat sy maak of sy dit verkoop. En gaan uit in die bos. Die volgende dag, kom sy by die huisie aan en sien Sneeuwitjie buite waar sy hout optel. Die koningin stap nader en sê vir Sneeuwitjie dat sy oppad is na 'n ander dorpie hier naby om die pragtige kamme te verkoop en dat sy 'n bietjie dors is. Sneeuwitjie gee vir haar 'n bietjie water en sien 'n pragtige blink kam. Toe die koningin klaar is, sê sy: "Dankie vir die water. Hier is vir jou 'n pragtige blink kam, omdat jy so gaaf is." Die koningin gaan weg.
Sneeuwitjie is so bly en begin haar hare deur te kam. Ewe skielik raak alles donker voor haar en sy kan nie asem haal nie. Later die aand kom die sewe dwergies by die huis en vind Sneeuwitjie op die grond. "Sy haal nie asem nie, sy is dood." sê een dwergie en hulle begin bitterlik te huil. Die dwergies tel haar op en sit haar op die bed. Een van die dwergies haal die kam uit Sneeuwitjie se hare en terwyl hulle nog om die bed staan en huil gaan haar oë oop. "Hoekom huil julle?" vra Sneeuwitjie. Die dwergies is baie bly en waarsku haar dat dit die werk is van die koningin en dat sy versigtig moet wees.
Die aand gaan die koningin na die spieël weer en vra. Waarop die spieël antwoord: "U... o, Koningin is pragtig en beeldskoon, maar Sneeuwitjie lewe nog en is die mooiste in die land!" Die koningin skreeu van woede en gaan weer na haar versteekte kamer toe in die kasteel. "Die slag sal sy dood wees vir ewig!" grynslag die koningin. Die koningin maak weer 'n brousel gif en gooi dit oor die een kant van 'n pragtige mooi rooi appel. Sy vermom haarself die slag soos 'n lelike ou vrou wat appels verkoop en gaan weer na die huisie toe.
Sneeuwitjie is besig om te bak en brou, toe die sluwe koningin daar aan kom. Die koningin gaan na die venster en sê dat iets heerliks ruik. "Ek verkoop mooi rooi appels, as jy 'n smullige appeltert wil maak." sê die lelike ou vrou en wys vir Sneeuwitjie die mooi rooi appel wat eenkant vol gif is. "Dit smaak ook heerlik." En die koningin vat 'n hap aan die kant waar daar nie gif is nie. Die lelike ou vrou sê: "Wil jy proe?" Sneeuwitjie weet toe, dat dit nie giftig kan wees nie, want die ou vrou het nie dood gegaan nie. Sneeuwitjie neem die appel en vat 'n groot hap uit die giftige kant en val mors dood op die grond. Die koningin is verjeug en gaan al singend huistoe na die kasteel.
Die dwergies kom terug en vind weer vir Sneeuwitjie op die grond wat dood is. Hulle sien die appel stronk en weet dat sy nou vir ewig dood is. Die dwergies huil en ween, maar kry dit nie oor hulle hart om Sneeuwitjie te begrawe nie. In teendeel die dwergies het 'n besondere kis gemaak van glas en haar daarin gesit. Die storie van die beeldskone meisie wat in 'n glas kis lê, word vinnig deur al die lande versprei. Op 'n dag kom daar 'n jong prins, wat graag die meisie in die glas kis wil sien en toe sy oë op haar beeldskone gesig neerdaal, is hy dadelik verlief. Hy gaan nader en maak die glas kis oop en soen haar op haar bloed rooi lippe. Ewe skielik kom die stuk appel uit en Sneeuwitjie raak lewendig.
Sneeuwitjie vertel die prins van haar stief ma, die Koningin, wat haar wil dood maak. Die prins neem Sneeuwitjie na haar pa, die Koning, toe en beloof om met haar te trou en om haar te beskerm teen die Koningin. Die koningin word weggejaag en 'n groot bruilof fees word gehou.
En hulle woon gelukkig saam, vir ewig en vir altyd.
Die Einde.