Die Skatte van die Dood: Herbesoek

21 0 0
                                    


My naam is Frikkie, en ek haat skool meer as enigiets anders, veral omdat daar so baie boelies is, ek kan nie eens meer sakgeld skool toe vat nie. Gelukkig loop ek nie so erg deur soos my vriend, Willie, nie. Arme ou Willie, hy doen altyd sy beste, maar tog word hy steeds geboelie oordat hy 'n 'oorpresteerder' is, maar in sy skoene sou ek dieselfde gedoen het. Die kind se ma is dood en sy pa is 'n alkoholis, ek skat hy sal enigiets doen om uit sy omstandighede uit te kom. Vandag na skool het Willie my huistoe vergesel, ons het soos gewoonlik weer lang en uitgerekte filosofiese gesprekke gehad oor ons herkoms en eksistensialisme. Jitte, mens sou kon sweer hy het depressie. Ek dink aan iets om hom gelukkig te maak, "Willie, het ek al genoem dat my Groot-Oupa-Grootjie was 'n seerower gewees tydens die 15de eeu?" Sy gesig het nie sy verbasing weggesteek nie, "Nee..." hy het geklink asof ek ongeloofwaardig was, "Ek het nog een van sy ou kaarte, ek sal vir jou wys as ons by die huis is..." hy reaggeer amper dadelik, "Ek wil eerder eers parkie toe gaan, Frikkie" Ek sug, "Fine." Dit is 'n lang pad na die parkie, maar ons kom tog daar uit.

Toe ons daar opdaag besef ek dat iemand ons nog heeltyd volg. Ek draai om en maak oogkontak met hom. "Julle is seker Frikkie en Willie. Ek het slegte nuus, Willie, jou Pa is in 'n motorongeluk, hy't gevra dat ek julle kom haal." Terwyl ons in sy kar probeer klim, boender hy ons met geweld in die kattebak in en sluit dit sodat ons nie kan uitkom nie. Terwyl ons vasgevang is word ons eweskielik oorval van 'n gas wat ons aan die slaap maak.

Toe ek en Willie wakker word, is ons albei aan stoele vasgebind. Dit het gou duidelik geword dat ons in 'n laboratorium was. Ons was omring met kaste met buisies daarin. Die buisies was gevul met menslike weefsel, seker om ons naar te maak. Net soos ek besig was om die moed bymekaar te skraap om om hulp te skree, vlieg die ingangsdeure oop en dieselfde man wat ons ontvoer het, stap in. Ek voel hoe troppe miere by my armhare op-en-af marsjeer soos die vrees deur my are pomp.

"Dag jong mans" groet hy ons met 'n vriendelike stemtoon. Ek en Willie is sprakeloos. "Moenie warrie nie Willie, jou pa makeer niks nie," Willie begin te huil. "So, Frikkie, ek hoor jou Groot-Oupa Watsenaam was 'n seerower gewees..." Ek sny hom af, "...'n baie suksesvolle seerower, Frederik Rademeyer, wie die naaste daaraan gekom het om die Skatte van die Dood te vind." Die man glimlag, "Ek weet, seun. Ek weet ook dat jy die kaart wat daarnatoe lei in jou besit het. Waar is dit Frikkie?!" sy stemtoon verander drasties van vriendelik na agressief.
Ek antwoord: "Dis in my bedkassie oom, asseblief belowe net oom sal ons laat gaan as oom dit het. Hy antwoord, "Natuurlik." Willie praat vir die eerste keer, "Het oom 'n naam?"

"Noem my sommer Strauss. Ek gaan nou daai kaart haal en julle twee bly net hier!" Hy vlieg by die kamer uit sonder om die deure te sluit. Daar is 'n harde knars soos dit agter hom toeklap. Ek begin te lag. "Waarvoor lag jy?" vra Willie en begin saam lag. "Die outoppie maak nie eens die deur toe nie! Hy mors sy tyd, ek het die kaart reg hier by my. Ek gaan ons hier uitbreek." Ek haal my switserse knipmessie uit my sak uit en begin myself los sny. Hierna sny ek vir Willie los. Ons maak toe die deur oop en die volgende vertrek is 'n obnoksionele lang gang met deure wat aan weerskante genommer is, maar waarvan meeste gesluit is. Hulle is genoomer van 1 tot 669, maar die deur tussen 665 en 667 is nie genommer nie. Hierdie ongenommerde deur is bloedrooi geverf met satanistiese graffiti op. Ek maak dit oop en ons gewaar iets wat ons ons eie bestaan laat betwyfel.

Ons loop reguit in op 'n laboratorium eksperiment. Daar is 'n man wat vasgebind is aan 'n teater-bed met wieletjies. Daar is naak, onmenslike gedrogte wat hom omring. Hulle is besig om hom te dissekteer en sy ingewande lê orals op die vloer versprei. Sy mond is toegeplak. Aan die agterkant van die kamer is daar diere wat in hokke aangehou word om met mense gepaar te word. Ek maak dadelik die deur toe. "Frikkie, ek dink ek gaan braak." fluister Willie vir my, sy selfvertoue is daarmee heen. Ons beweeg aan na deur nr. 669 toe. Eweskielik hoor ons 'n geskreeuery vanuit die anderkant van die gang. "Hei!!! Waar gaan julle klein niksnutte heen?! Kom hier voordat ek julle velle aftrek!!!" Strauss is terug. Die volgende ding wat ek onthou is toe hy by die gang af hardloop met 'n mes in sy hand. Ek voel aan die handvatsel van deur nr.669 en ek en Willie hardloop in en sluit die deur agter ons. Toe ons omkyk is daar voor ons 'n mini-ruimtetuig. Ek en Willie loop nader. Net soos hy daaraan raak bars die deur oop en Strauss kom swetsend ingestap. "Blerrie sotte. Gedink julle kan my om die bos lei? Waar is die flippen kaart, Frikkie?!" Ek wil nie die arme ou man nog verder sien kwaad raak nie, so ek gee maar vrywillig die kaart vir hom. Sy bui verander dadelik na kalmerend. "Klim in die tuig, ons het 'n skatkis om te vind!"

Ons land op 'n eiland. Dit is die eiland waar die tempel van die dood is, en die naam van die eiland? 'Eiland van die Dood'

Daar is 'n dam binne die tempel. Strauss se vel begin eweskielik af te dop. Ek besef gou dat hy dieselfde as daai naak gedrogte van die laboratorium is. "Die tyd het aangebreek. Die skatkis van die dood is onderwater. Die inwoners van Planeet Nibiru sterf as hul vel in aanraking kom met water. Dit is dus jou plig om dit te kry, Frikkie." Ek huiwer nie 'n sekonde langer voordat ek by die dam induik en tot by die bodem swem nie. Willie duik ook in en help my om die skatkis op te lig. Toe ons uitkom, rig Strauss 'n pistool op ons en grinnik, "Ek het julle nie meer nodig nie!" Hy trek die sneller...

Dit tref Willie. "Jou selfsugtige kak! Wat het jy gedoen?" Strauss bars uit van die lag en rig die pistool op my. "Koebaai, Frik." Dit tref langs die hart. Ek val onmiddellik om. Ek sien hoe die toneel voor my afspeel voordat ek my laaste asem uitblaas. Strauss maak die kis oop, daar kom rook en vuur uit wat hom omsingel. Vir 'n tyd lank kan ek niks sien nie, maar die rook verdwyn gou, en saam met dit, Strauss. Al wat agtergelaat word is sy beendere. Ek glimlag en maak my oë toe. Nog 'n goeie droom.

Willie maak my wakker. "En jy kla dat jy sleg doen in wiskunde, dis omdat jy so aanmekaar slaap in die klas." Ek kom orent en besef ek is in die klaskamer. Ek gee Willie 'n klop aan die skouer, "Ek is lief vir jou, Willie." Hy glimlag snaaks, "Oukei?" Ek kyk hom in die oë, "Nee, ernstig." Dit is daai dag dat ek besef het ek's verlief op Willie, maar daai's 'n ander storie.

You've reached the end of published parts.

⏰ Last updated: Sep 08, 2017 ⏰

Add this story to your Library to get notified about new parts!

Frikkie en Willie: Die Skatte van die Dood {Remastered}Where stories live. Discover now