miena94
Hi mamba wanneer kry ons weer n boekn
miena94
Hi ek is so jammer om dit te hoor ek dra jou in my gebede en gedagtes op jy sal weer anderkant uitkom. Met so baie skryf talent soos wat jy het het jy nog baie stories om te vertel
•
Reply
mamba44
@miena94 Hello, ek is bietjie af van skryf af op die oomblik. Ek sal maar eerlik wees en sê ek is en gaan steeds deur n moeilike tyd. My man het laasjr Sept begin siek word van sy galblaas en drs kon ni verstaan wat aangaan ni, deur baie toetse en 4x se hospitalisasies en ERCP's en biopsies met laparoskopie. Hy is Des gediagniseer met stage 4 galblaaskanker wat reeds versprei het lewer toe. Hulle het reguit gesê hy het 6 mnde oor en geen chemo of ander terapie gaan help ni. Hy het nog tot 18de Februarie alles vir homself gedoen, was vrek maer maar self gestort en aangetrek en aan tafel gesit en eet die aand. Die 19de het hy ni opgestaan ni en kon amper ni praat ni, wou niks eet ni, het net baie water gedrink. Die 20ste die oggend 2:20 is hy oorlede en ja wat kan ek meer sê. Die aanpassing van ni meer dink aan alles doen vir ons ni maar net vir my is moeilik. Ek moet bieg as dit ni vir my 2 en half jarige kleindogter was ni, sou ek dit dalk al verloor het. Ek pas haar bedags op en sy hou my kop baie besig. Dis die saans en naweke se alleen wat my vang. Ek sal weer skryf, ek weet net ni of daar enige iets positiefs en goed uit my "pen" sal kom ni. Dankie vir jou navraag dit beteken vir my baie. Groete Mamba
•
Reply