Was dit die moeite werd?

5 0 0
                                    

14 maande later.

Dit was die eerste keer wat ek regtig die sommer son so gevoel klits het op my gesig terwyl ek plat op my rug op die verbleikte gras lê langs my lê Lauricke my nuwe vriendin wat ek hier ontmoet het,  laas Sondag se kuier was almal hier, Monieke se Ma is 4 weke terug begrawe, monieke se die Bulimie het oorgesit in Anoreksie, die tannie is glo gevind op die vloer van die Rehabilitasie sentrum waar sy Anti-Freeze gedrink het, Bles en Thelma van hoogendijk is 8 maande terug opgemerk in Loxton van daar af het n speurder hulle al die pad gevolg na Gariep Dam en toe Prieska van daar af is hulle Koster toe,na Thelma se Ma toe, die tannie het hulle aan die polisie oorhandig o hulle is gearresteer, gelukkig word daar vir die arme kinders wat moes swaar kry justice gebring Die aandele wat Vincent gehad het by Ella L was toe verkoop, Eben het eers 4 maande na Vincent se dood n oproep gekry van Clariska Jansen Vincent se boedelberedderaar van die Eksekuteurs kamer glo in die boedel het gestaan dat Clariksa die aandele aan Eben moet weier, so het Monieke besluit om hoër te gaan in die besigheid, sy besit nou 25% aandele van Ella L Corporate. Terwyl ek so lekker le, gaan die sirene van die Leeudoring vroulike gevangene diens af. Lauricke klap my op die maag kom ou berta dit is besoek tyd. Soos ons binne stap, weet ek dat ek vandag die laaste besoek gaan wees, oor twee weke van nou is ek uit en tuis en dan moet ek weer probeer aan pas, ek weet dit gaan  moeilik wees, ek weet almal gaan praat, niemand gaan my meer onthou as die Sag meisie van 99 makietie straat Pretoria nie almal gaan my ken as Lallie, Lallie Grobler die insulien moordenaar soos ek sit en wag vir Nantus se besoek maak ek maar my stadig reg vir die vrae, ek weet elke Sondag wanneer Nantus Bronbehr vir my vra was dit die moeite werd gewees weet ek dat na een of ander tyd ek n antwoord moet gee. Alhoewel ek weet ek moet hom 'n eerlike antwoord gee vind ek dit moeilik om daar oor te praat soos ek sit en wag vir sy besoek kyk op die horlosie en sien hy is laat, Terwyl ek vir myself staar in die tafel se refleksie vra ek myself self, jy met die donker bruin hare , jy met die groen oë en jy met die split Ends wie is jy? Op daai oomblik sien ek iemand anders se Refleksie iemand wie ek ken dan draai ek skielik om en sien vir Nantus Bronbher my Advokaat hy glimlag vir my en se jy my liewe Mens is Net Lallie.

Ek het opgestaan en vir hom geglimlag , Nantus hoe gaan dit? Goed dankie en self, ek het gesug my skouers opgetrek en gesê ek weet nie ek sal jou oor twee weke kan se wanneer ek uit is en ek kan nie se tuis nie,want ek weet self  nie eers of ek tuis wil wees nie, hy het vir my gekyk en gesê maar is jy darem orraait Lallie, ek het vir hom gekyk Fisies is ek orraait, geestelik weet ek nog nie so mooi nie, Moet net nooit moed opgee nie Lallie, almal wag vir jou as jy uit kom, ek dink net nie jy moes hulle belet het om die laaste paar sondae te kom kuier nie, ek het hom so gekyk en gesê ai Nantus ek het jou ook belet, hy het my met groot oë aangekyk. Al hoekom jy hier is oor die goed in jou hand en om jou antwoord te kry wat jy nou al vir 14 maande lank soek. Hy het die koevert voor hom uit gehou en gesê, jy is slim Lallie baie slim ek moet dit vir jou gee. Onthou net een ding Lallie ek is nie net jou Advokaat nie, ek is ook jou vriend, ek het sy hand gevat en gese dankie Nantus, vir al jou bystand en hulp ek waardeer dit. Hy het geglimlag en gese so kom ons cut the bullshit en sorteer gou die sakkie uit. Eben vra dat jy asseblief mooi die laaste twee weke van jou “vakansie” se hy. Hier oor dink, moenie voel hy probeer jou koop of enige iets nie, maar hy se dit moet na jou toe gaan jy verdien dit op reg, jy kan die offer van die hand wys of jy kan dit aanvaar. Nantus het vir my die koevert oorhandig ek was nogal skrikkerig om oop te maak Eben is n vreeslike Odd One out hy sal some n huweliksaanbod stuur so ek moet mooi dink voor ek oop maak,toe ek die koevert oop maak, staan Ella L Corporate bo op, ek het die dokument deur gelees en in skok die papier neer geplak, ek het voor my uit gestaar, Nantus het my gevra of ek verstaan wat die dokument se. ek het n rukkie gevat voor ek geregistreer het, hy het hom herhaal, Ek het my kop geskud en gese soort van, hy het gese Eben wil graag vir jou 25% van Ella L gee Lallie. Ek het hom probeer ignoreer, hoe kan Eben my so deur mekaar maak, ek probeer my lewe uitsorteer voor ek uit die hel oond kom en hier kom hy en wil vir my n gedeelte van sy besigheid gee. My fok ek is nie n welsyn geval nie. Nantus het vir my gekyk en gese maar soos Eben gese het jy kan jou tyd vat. Gaan jy my nou n antwoord gee Lallie. Ek het vir hom gekyk, en gese, vra my weer Nantus, vra jou weer wat. Vra my wat jy my elke Sondag gevra het vir 14 maande lank, Nantus het vir my gekyk en gevra Lallie Grobler was dit die moeite werd? Was wat die Moeite werd vra ek hom? Hy het vir my gekyk uitdrukking loos en gese jy weet presies. Ek het agter oor gelê op die plastiek stoel my oë toe gemaak en terug gedink, soos ek terug dink aan daai aand, dink  ek ook aan Nantus se vraag, Soos ek al hoeveel keer van tevore gese het my Familie is my alles, maar vir Nakie sal ek absoluut enige iets doen, vir nakie sal ek my nier gee, vir nakie sal ek my lewe gee, vir nakie sal ek kilomanjoro klim, vir Nakie sal ek 14 maande in die tronk sit , vir nakie sal ek oor en oor die blaam vat, want Nakie het presies gedoen wat ek sou doen, sy het my beskerm, niemand behalwe ek , Nakie en Nantus hoef te weet dat ek die blaam gevat het vir iets wat Nakie gedoen het nie. Nakie sal nie in n tronk aard nie, haar hele toekoms lê voor haar uit gelê soos n legkaart, ek gaan nie toelaat dat so iets haar lewe op donner nie. Ek het vir hom gekyk en gesmile, Ja Nantus dit was die moeite werd.

You've reached the end of published parts.

⏰ Last updated: Jan 31, 2021 ⏰

Add this story to your Library to get notified about new parts!

Net Lallie!Where stories live. Discover now