Een: Prospect Straat

4 0 0
                                    


Die pad is nie so eenvoudig nie.

Dit het baie draaie en baie kronkels.

Daar is optraandes en daar is afdraandes.

Plekke waar dit amper nie bestaan nie.

Ander plekke waar dit oral ver strek.

Die pad het geen einde of begin.

Hy was nog altyd hier by ons.

Ons het hom gebruik, oor en oor.

Met tye meer as met ander tye.

Dalk moes ons beter na hom kyk?

Die pad wil jou beter leer ken.

Vertrou jou emosies met hom, jou gedagtes.

Jy kan hom vertel van jou lewe.

Alles wat jy wens en jy hoop.

Alles van jou verlede wat jy onthou.

Die pad loop deur die hele land.

Dit is ons pad, ons eie pad.

Ons het hom gebou en hom gemaak.

Dit was moeilik want ons moes volhard.

Dalk moes ons hom vinniger gebou het?

Die pad strek oor ons Afrikaanse siele.

Hy is deel van ons mooi taal.

Hy laat ons loop na die horison.

Ons kan hom volg, dit is seker.

Dit is altyd goed om te weet:

Die pad is woorde om te lees.

Die pad is klanke om te hoor.

Ons kan hom voel in ons bene.

Ons kan hom hou in ons harte.

Ons voel nooit alleen of eensaam padlangs.

Die pad is almal se ware self.

Die pad is vol engele wat skyn.

Engele? Het jy al gehoor van engele?

Die wesens het groot vlerke en krag.

Daar is al baie prente van hulle.

Mense wat dink oor hoe hul lyk.

Prente wat hul mag en prag wys.

Hulle is hier op aarde by ons.

Ons sien hul net wanneer hulle toelaat.

Wanneer hulle besluit dis die regte tyd.

Hul vlerke word wegesteek, dit verdwyn skielik.

Hulle kan vlieg met hul massiewe vlerke.

Twee vlerke wat van vere gemaak is.

Engele? Party mense glo dat hul bestaan.

Na hierdie boek sal jy dalk ook.

Dit is waar dat hul magies is.

Baie dinge in die lewe is magies.

Soos reën en groot vlinders en vuur.

Soos 'n geboorte en 'n skielike dood.

Soos die donkerte en 'n helder lig.

Sleg of goed, die magiese is daar.

Engele? Ons almal kort een dis verseker.

Kan een van ons sonder hul lewe?

HectuxhWhere stories live. Discover now