Hoofstuk 4

69 0 0
                                    

Daai aand is my ma weer by die huis vir aandete. Sy stap by die kombuis deur in, terwyl ek afkyk na die spaghetti en maalvleis wat ek sommer aanmekaar geslaan het, nie geweet of sy vir aandete gaan opdaag of nie.

“Dit ruik lekker.” sê sy, sy gee my arm ‘n drukkie. Sy gooi haar sak op die eiland neer en sak sy op een van die cocktail stoeltjies neer.

“Moeder, gaan sit vir ons ‘n lekker soppy chick fliek op. Ek maak hier klaar dan eet ons sommer in die TV kamer.” sê ek hoopvol.

Sy knik en stap die die kombuis uit. “Ek gaan trek gou iets gemakliks aan.”

Ek kry eetgerei reg en dan begin ek vir ons inskep. Ek sit die platte van die Smeg gasstoof af en dra die twee borde na die TV kamer toe, waar ek my ma sien sit en wag. Ek sit haar bord kos voor haar neer en sak in die comfy bank in.

"Wat kyk ons?” vra ek.

“Cinderella story, of so iets.” sê sy. Ek draai na haar toe en glimlag, sy weet ek het ‘n soft spot vir Walt Disney movies, al is dit die fake versions, is dit steeds die gedagte wat tel.
“Okay.” My ma vat die remote van die sogenaamde mahogany tafel af en play die movie. My oë bly vasgenaal op die televisie terwyl ek hompe spaghetti en maalvleis in my keel af wurg.

‘n Ruk in die movie in kyk ek af na my bord. Leeg. Ek knip my oë net om seker te maak ek droom nie.

Shit, my bord is alklaar leeg?

Ek gee ‘n skelm kyk na my ma se kant toe. Haar bord kos half geëet en sy is vas aan die slaap. Die lang werkure by die hospitaal put haar meer uit as ek soms besef.

Wat die oog nie sien nie, maak die hart nie seer nie. Hierdie is my kans.

Ek vat my bord wat op my skoot lê en sit geleidelik voorentoe, ‘n poging om nie my ma wakker te maak nie. Ek vat haar bord met my ander hand en kyk oor my skouer na haar waar sy steeds rustig slaap. Oblivious dat ek besig is om haar kos te steel, want ek’s te lui om kombuis toe te stap en hierdie is ‘n goeie deel in die movie wat ek nie wil misloop nie.

Ek ruil my bord om met hare, my vurk in my mond en ek sit weer agteruit. Ek sug haaglik en haal my vurk uit my mond uit om verder te eet.

My vurk half pad na my mond toe, toe maak my ma haar keelskoon. “Ek het jou gesien.” sê sy met ‘n glimlag in haar stem. Ek glimlag ook.

***

Die volgende oggend is ek en my ma in die kombuis besig toe ons onderbreek word deur ‘n klop aan die deur. Ek en my ma kyk gelyktydig na mekaar. My ma frons in my rigting en ek lig my skouers.

Ek stap verby my ma voordeur se kant toe. Ek loop om die draai van die voorportaal en sien Danielle by die voordeur staan. Ek lig my wenkbroue. Ek stap deur toe en sluit die voordeur oop. Ek maak die voordeur oop en Danielle gooi haar arms om my asof sy my ‘n jaar lank nie gesien het nie.

“Hi. Wat maak jy hier?” vra ek ongemaklik, en pat haar op die rug awkwardly. “Ek kry nie asem nie, jy weet.” stortel ek tevergeefs, want sy druk net harder.

Sy los my, uiteindelik na ‘n gesukkel, ‘n glimlag duidelik op haar gesig. “Ek’t jou kom oplaai! Duh.” sê sy glimlaggend asof ons dit afbespreek het dat sy my kom haal. Sy kyk na my asof ek geheue verlies het en ek wonder of sy gister iets gesê het dat sy my gaan kom optel.

“Oh” is al waarmee my brein kan opkom. Sy knik.

“Is dit koffie wat ek ruik?” vra sy en stoot verby my verder die huis binne.

“Uh, ja…?” sê ek dumbstruck en kyk haar agter na soos sy die aroma van koffie volg deur die voorportaal, kombuis se kant toe. Ek skud my kop, maak die deur agter my toe en volg gedwee in haar spore, kombuis toe.

You've reached the end of published parts.

⏰ Last updated: Dec 27, 2016 ⏰

Add this story to your Library to get notified about new parts!

Die verlede haal mens in (Afrikaans)Where stories live. Discover now