Hoofstuk 2

97 1 1
                                    

Ugh. Shut-up!

Nog half aan die slaap swaai ek my arm na waar my foon se alarm die kamer met onplesierige klanke vul.

NEE!

Nog net 5 minute.

Ek rol om en vloek die hool wat so vroeg begin. Ek gooi die komberse van my lyf af, swaai my bene grond toe en vee met my hande oor my gesig. Ek strek my hande bo my kop uit en gaap.

Ek kort ‘n vakansie.

Ek strompel deur die slaap na my ensuite badkamer om my gesig te was. Die water is koud op my vel en ek bewe effens. Ek droog my gesig af en trippel my kamer binne na my kas toe waar ek my poefgroen uniform uitpluk.

Nog net ‘n bietjie minder as 2 jaar, Magdaleen. Net 2 dan kan jy doen wat jy wil! Probeer ek myself oortuig.

Ek gooi my hare in ‘n messy bun en trek die lelike skooluniform aan. Ek pluk my wit sokkies aan en glip in die verbode swart skoolskoene met die bandtjie oor die voet, wat hare was, maar ek het dit opgespoor in die sitkamer na daai dag. Van daar af trek ek net dit aan skool toe. Dis gewone skoolskoene wat teen die skoolrëels is vir enige iemand anders, maar vir my is dit haar skoene. Op ‘n manier het ek haar nou saam my, al is dit net aan my voete tydens skool.

Rebel.

Sy was altyd die een wat goed was om skoolreëls te breek. Sy was die rebel en ek, ek was die swakker sussie wat altyd beskerm moes word volgens haar.

Ag Maandag, kan jy nie maar gekanselleer word nie?

Ek gryp my boeksak en draf die trappe af een vir een. Ek plak ‘n glimlag op my gesig voor ek die kombuis binne stap en my sak op die eiland in die middel van die kombuis ongeerg neergooi. My ma staan in een van die hoeke besig om vir haar ‘n sny brood te rooster met ‘n bekker stommende koffie in haar hand, met haar rug na my gedraai.
Ek adam die aroma in van bitter koffie en ek voel myself ontspan. Kaffiene!

“Jou bekker koffie staan by die koffiemasjien.” Ek glimlag opreg en loop na my koffie toe soos ‘n verlore hondtjie.

Heerlik. Koffie is lewe.

“More my moeder.”

“More Magdaleen.”

Ek stap na my ma toe en gee vir haar ‘n drukkie van agter af. Voor sy kan omdraai, gryp ek haar sny roosterbrood uit haar hand uit wat sy al intussen gebotter het en vat ‘n groot hap en dan net so vinnig prop ek dit weer in haar hande. Yum.

Sy giggel.

“Ek sal by die werk moet kom, die hospitaal het my nodig. Ek werk dubbel skof vandag. Ek’t skoon vergeet om jou te sê. Sal jy reg kom om self by die skool te kom? Dalk Jen vra om jou te kom haal?”

"Dubbel skof? Ja, dis reg. No worries.” sê ek nonchalant en probeer my gesig so reguit as moontlik hou by die noem van haar naam.

“Een van die dokters is afgeboek. So nou moet ek ‘n ekstra hand gee wat ek nie het nie.”
“Moeder sal okay wees. Ek glo in Ma.”

“Dankie lief. Ek moet gaan. Wees veilig.”

My ma gryp haar handsak en motor sleutels, gee my skouer ‘n drukkie en ‘n vinnige soen op my wang, dan is sy weg.

My oog vang die horlosie teen die muur en ek sien ek het genoeg tyd om skool toe te stap. Jen sal my nie kom haal nie. Ek sluk my koffie af, gryp vir my ‘n appel en gooi my skoolsak oor my skouers. Ek sluit die deur agter my en begin skool toe stap.

So kom alles goed tot ‘n einde, dink ek, en weer is ek terug in die hool van ‘n plek.

Graad 11. 2de Kwartaal. Fokken Great. Note the sarcasm kids.

Die verlede haal mens in (Afrikaans)Donde viven las historias. Descúbrelo ahora