Lappop

5 0 0
                                    

Lappop

Waar sal jy haar vind ?
Daardie lappopkind.

Flenters vertrap.
Stillitjies verbrand.

Waar sal jy haar vind ?
Daardie lappopkind.

Waar is jy?
My Lappopkind.
Hangend aan n kruis vasgenael.
Vasgebind en platgetrap in 'n kluis.

Waar is jy?
My Lappopkind.
Bloeiend agter n kas weggesteek.
Waar is jy?
My Lappopkind.

Die papie
Wat n vlinder moes raak
Waar is jy?
My Lappopkind.

My weggooimeisiekind.
Flenters gebreek.
Weggesteek.
Jy staar jou blind want iewers
In n huis is daar nog n weggooimeisie kind.
Lappopmeisiekind
Waar is sy?
Was gebind.
Ja , daar in die kluis is a kruis
Ja, daar sal jy haar vind.
Dis ek daai lappopkind.

Tears wash over meWhere stories live. Discover now