God

5 1 0
                                    

GOD

Waar begin 'n mens oor Hom praat?
Die Bybel?
Jou ouers?
Kerk?
Waar!?

Wel dit begin by jouself
Jy kan Hom aanvaar of nie
Keuse lê in jou hande

Soms voel dit
Of Hy nie luister nie
Of nie daar is vir jou nie
Asof alles in mekaar val
Alles breek sonder keer

Maar....
Eintlik nie
God is saam met jou deur alles
Hy help jou op as jy val
Maak gesond waar siekte
Alles weg eet
Stuur Sy beste engele
Om jou op te pas
Vriende, troeteldiere...
Hy is eintlik altyd daar
Jy moet net mooi kyk
Dan sal jy sien.
Hy gee tekens in die natuur
Kyk net mooi.
Ons almal doen sonde
Maar dis in ons natuur
Ons is so in die wêreld gebring

Maar,
Nou is ons skoon gewas
Deur ons Vader se Seun
Se bloed.
Ons behoort aan Hom!
Nie aan di duiwel se sonde nie
Ons is gevul met Sy Asem
Sy liefde en vrede
Hy is ons se Pa
Hy gee vir ons om
Nie vir ons sondes nie
Maar vir ons

Hy staar na jou elke oggend
En roep almal en sê:
"Kyk My kind is wakker,
Kyk net hoe pragtig!"

Hy sal vir jou alles doen
Met al Sy liefde
Bid net met Hom
Hy luister.
Bid vir vriende en familie
Veral jou vyande.
Hy sal help,

MAAR EEN VOORWAARDE!

Vertrou Hom
Vertrou Sy tyd
Sy keuses
Glo in Hom
Laat Hom binne in jou hart
Hy sal alles regmaak
Alles heel maak.

Hy is ons Vader
Prys Hom
Het Hom lief
Moet nooit vrees nie
Hy beoordeel nie
Hy leer en vorm jou
Net na Sy beeld,
Sy wonderlike
Passievol
Asemroowende Beeld

Almal sal in die hemel kom
Almal wat behoort aan Hom
Al vloek jy Hom, Hy vergewe jou
Hy wag vir jou
Om Hom binne toe te laat,
Sodat Hy, Sy beeld in jou skep

Daar wag net mooi beelde vir jou
Laat Hom net Binne.

Shadow's Poetry bookWhere stories live. Discover now