Trolle

6 1 0
                                    


Daar word beweer dat, op 'n kol

'n Onderonsie met 'n Trol

Vir Door en Doep 'n duur les leer

Nooit sal vergeet, te nimmer meer.

Hul herroep weer die okkasie

Ter ontmoeting met dierasie

Dalk kategorie van halfmens

Wie sal nou weet, waar is die grens?

Laat ons vertrek by die begin,

Dan maak die storie dalk meer sin.

Die KRILfamilie het gaan kamp

Wat amper eindig in 'n ramp.

Langs die rivier, aan berg se voet,

Waar yl bosveld, dig woud ontmoet,

Hul spierwit tent parmantig staan

Velddiertjies skaam hul ei' gang gaan.

"Gaan tel hout op om vuur te maak"

Gee Mô die twee hul eerste taak.

"Wees op jul hoede by die kuil

Vir wilde diere wat daar skuil."

"Wees ook versigtig in die bos

'n Mens weet nooit wat loop daar los."

Word hul dié keer deur Pô vermaan

Net om te toets of hul verstaan.

Hul wandel, soekend, woudwaarts heen

Bemerk hul is nie meer alleen.

'n Vreemde kind, groot soos 'n reus

Met piepklein oë langs groot, plat neus.

Heel lugtig staar hul na mekaar

Vir elk is die gesig maar raar,

Hul wonder nog wat dit kan wees

Toe bulder iets, net soos 'n bees!

'n Pa-trol daag op, met venyn

Die twee besef, hul moet verdwyn,

Voor bostrolle, wat briesend raap

Dalk gryp en eet, eer hul gaan slaap!

Hul pypkan hier en koes-koes daar,

Twee trolle gou-gou deurmekaar

Die Pa-trol sit hul agterna

word hul tot in 'n grot geja.

Stikdonker wat 'n skuiling bied

Gee hul die kans om te bespied.

Spelonkgeluide lok hul daar

Waarhul die trolle-paar gewaar.


Nuuskierigheid dring die twee voort

Om rond te kyk waar hul nie hoort.

'n Ma-trol en haar seun, wil blyk

So lelik soos die ander lyk!

Die onnet trolle ruik nie goed

Hul sien die twee en skree om bloed!

Kinderverhale in RymelaryWhere stories live. Discover now