Wolhaarstories

113 1 0
                                    


Ek ken 'n oom, wat kan vertel,

Waar by se steek, tot aardbol swel.

Oordryf hy nie, dan skiet hy spek

Almal se oë, tot wawiel rek!

Kafpraatjies kom ook oral voor

Door wil dan weet, het Doep gehoor,

Van stories wat 'n kind mislei,

Om altyd in die war te wei?

"As kinders te veel koffie drink,

Gaan vlooie in jou maag rinkink."

Dit klink tog al te veel vir my

Na onsin en kletspratery.

" 'n Wolhaarstorie," sê Door sag,

"Mooi opgedis, in al sy prag,

wat mens laat glo, dit is als waar,

Maar is dit 'wol' of is dit 'haar'?"

Die mannetjieskat was hom skoon,

Word ons met kuiergas beloon.

Het jy speel-speel die vuur geraak?

Mag jy vanaand straks bed natmaak.

As seun of meisie heimlik hoop,

Om onderdeur reënboog te loop,

Pasop, dis dalk vir goed verby

As jy geslagsverand'ring kry.

My oom, 'n eerlik prokureur

Het dalk sy kans op wen verbeur.

Verseker magistraat, gewis,

Hy's nugter, soos sy eed'le is!

As jy jou wortels als opeet

Kan jy van swak sig, maar vergeet,

Dit is die Beta-kerotien

Al ooit 'n haas met bril gesien?

Pampoen word eerste opgesmul,

Dit laat kwansuis die hare krul!

'n Wensbeentjie, wen grootste stuk,

Word wense waar, wat 'n geluk!

Breek daar 'n spieël, moet mens hard sluk

Aan sewe jaar se ongeluk!

Sluk kougom in, en jy's genoop

Om al jou derms te ontknoop!

'n Padda onlangs gehanteer?

Kry jy groot vratte, vet en seer!

Het jy vandag in bed gebly,

Sou onheil jou nie bloots wou ry.


My palm jeuk, by krap verby,

Miskien gaan ek 'n fortuin kry.

'n Vierklawer word rats gepluk,

Verseker dit jou, groot geluk!

Voel jy 'n nies, hou hand voor mond,

Anders is dit glo ongesond,

Gesondheid word jou toegewens,

Dat duiwel nie jou siel begrens.

Jy mag nie swem, jou maag is vol,

Die weerlig piets jou, in die kol,

Hoor al die kinders, oral heen,

Klim jul daar uit, jul gaan nat reën!

Sluk jy 'n pit van waatlemoen,

Moet jy mooi dink wat jy gaan doen,

Want ranke groei by ore uit,

Dit staan klaar bak, net soos 'n tuit.

Die maan kom op, dit is van kaas,

En monde water in 'n waas,

Wie het hul die idee gegee?

Dit sleep morone jaarliks mee!

Wanneer jy, jou lyf, 'wolhaar' hou,

Word jy as vryerig beskou.

Geen wolhaarstorie, glo vir my,

Dalk sal jy nog jou liefling kry.

Beteken dit, 'n wolhaarhond,

Is slegs 'n glipsie van die mond?

Bestaan dit nie, al is dit hier?

'n Bonatuurlike klein dier.

Misinformasie laat mens dink,

Of alles na die waarheid klink.

Verbeelding is 'n rariteit,

Gepaard met kreatiwiteit.

Die feite, uiters goed verskuil,

Word opgeblaas en selfs verruil,

Ons redeneer, lobstoeigeveg,

En ruim wat reg is, uit die weg!

Waar kom dié wolhaar-streep vandaan?

Wat wydsbeen in ons midde staan?

Leer ons die kinders om te jok,

En slaan self valsheid nooit op hok?

Dis alles stories, almal weet,

Van daardie vreemde, groot komeet,

Wat ons gaan tref in twintig-tien,

Dat almal silwer sterre sien!

Kinderverhale in RymelaryWhere stories live. Discover now