Die Kind

104 5 0
                                    

Die kind wat dood geskiet is deur soldate by Nyange

Die kind is nie dood nie
die kind lig sy vuiste teen sy moeder
wat Afrika skreeu skreeu die geur van vryheid en heide in die lokasies van die omsinglde hart
Die kind lug sy vuiste teen sy vader in die optog van die generasies
wat Afrika skreeu skreeu die geur van geregtigheid en bloed
in die strate van sy gewapende trots

Die kind is nie dood nie
nòg by Langa nòg by Sharpville
nòg by die polisiesatsie in Philippi
waar hy lê met 'n koeël deur sy kop

Die kind is die skaduwee van die soldate
op wag met gewere sarasene en knuppels
die kind is teenwoordig by alle vergaderings en wetgewings
die kind loer deur die venster van huise en in die harte van moeders
die kind wat net wou speel in die son by Nyanga is orals
die kind wat 'n man geword het trek deur die ganse Afrika
die kind wat 'n reus geword het ruis die hele wêreld

Sonder 'n pas
Maart 1960
-
Ingrid Jonker

Poems For South AfricaWhere stories live. Discover now