Die Lied van jong Suid-Afrika

130 5 1
                                    

En hoor jij die magtige dreuning?
Oor die veld kom dit wijd gesweef,
Die lied van 'n volks ontwakking
Wat harte laat sidder en beef;
Van Kaapland tot bo in die Noorde,
Rys dawerend luid die akoorde :

Dit is die LIED van Jong Suid-Afrika.

Die klop van ossewawiele
Het die eeue se rus verstoor,
Die klank van ons voorlaaierskote
Het klowe en kranse gehoor.
Die diere het stil staan en luister,
Die bome het bewend gefluister
Dit is die KOMS van Jong Suid-Afrika.
-
H. Gutsche

Poems For South AfricaWhere stories live. Discover now