Suid Afrika my hartsland

238 4 0
                                    

Aan Afrika se Suidelike punt
sal jy die wonderlikste skatte vind.
Dit skitter onder elke boom en in die draai
selfs die diepblou waters waarin ons baai.

Tussen die goudgeel aksias in volle blom
sy horing hoort nie in 'n drom.
Staan renosters fris en sterk
agter die miershoop maak hy sy merk.

Olifant in sy asvaal jas
is vir sommige boere 'n las.
In die more mompel meneer Meerkat
waaneer olifant Maaifoedies mielies vat.

Onder aan Durban se sonnige kus
speel Dolfyne na hartelus.
In diepblou water swem hulle in 'n brander
niks kan hulle joligheid verander.
-
Griet

Poems For South AfricaWhere stories live. Discover now