Die fluitjie vir die 5 minute waarskuwing gaan af. Hy is STEEDS nie hier nie. Hy's altyd besig met eet of gim. Tien minute van rug spasma gaan verby en hy daag uiteindelik op. Hy, Luitenant Kolonel Jack Michaels, draf na sy staanplek langs my, Luitenant Kolonel Teresa Furnsworth.
"Ek sien jy't spesiaal daardie kort rokkie vir my aangetrek," sê hy. "In jou drome, Jack," antwoord Meria voor ek nog woorde uit my mond kan kry. "Moenie uitgelaat voel nie, Meria, jy kan ons-"
"Stop net daar asseblief. Daar is geen ons-" onderbreek ek hom."Luitenant Kolonel Durham, Furnsworth en Michaels, nag skof vir al drie van julle. Dis dubbel vir jou Michaels."
Dubbel nagskof is waar jy twee keer nagskof doen. Daar was al stories van mense wat uit dit uit kom en sommer hulle tasse pak en uit die stelsel gaan.
In nagskof kry jy niks anders as 'n mes. Geen kos, geen water, geen flits. Jy kry 3 ure en jy mag nie slaap nie. In dié geval mag Jack nie slaap vir 6 ure nie.
----------
Dis nou tyd vir my "skof".
"Furnsworth, Durham," roep Kolonel Bruce ons.Ons staan op van waar ons gesit het en loop saam Bruce na die area wat ons gaan patrolleer. Die maanlig gee 'n effense lig af, net genoeg vir my om Michaels se gesig uit te maak.
Hy sien ons dadelik en stap in ons rigting, 'n duiwelse glimlag op sy gesig.
Hierdie gaan 'n lang aand wees!
249 woorde
YOU ARE READING
Nag Skof
Short StoryHighest Ranking: #1 in Short Story [08/06/2018] #3 in Short Story [09/06/2018] #1 Teresa en haar vriendin kom in die moeilikheid oor die irriterende laar-kommer wat baie flirtisties met haar is en haar reaksie van sy opmerkings geniet. As straf kry...