2

33 4 0
                                    

"Wat soek jy nou?!" Gil ek op Michaels toe hy langs my kom sit.

"Ag toe nou? Moenie so moeilik wees nie, dit help niks." Hy skuif nader en sit sy arm om my.

Ek staan dadelik op en gaan soek vir Meria.

Ek vind haar staan by drie brigadiere en gesels. Sy giggel flirterend

Nou soek sy moeilikheid.

Ek loop na haar toe. Sy sien my en draai om.

"Hey Teresa! Ons praat nou-net oor jou."

Ek skud hande met die brigadiere. Dit was Brigadier Taylor Olsen, Reynardt Sanders en Bryan Dunlopt. Hulle was al drie groot gebou, geen wonder Meria het na hulle toe gegaan nie.

"Ek vertel hulle van hoe lank ons  twee nou al vriende is."

"Ja ons ken mekaar al van dag 1 af hier," sê ek.

Meria vertel toe vir hulle meer oor haar ondervinding hier. Ek kom agter dat een van hulle konstante oogkontak met my maak. Taylor Olsen as ek reg kan onthou.

Ek kyk oor na hom en vang hom staar. Hy knipoog vir my en kyk weer oor na Meria.

Het ek reg gekyk? Hy't vir my geknipoog? Hoekom?! Dis teen die reëls?

Ek voel hoe my wange brand en kyk af om my gloeiende wange weg te steek.

Ek hoor een van die mans voor my saggies lag. Olsen, natuurlik.

Ingedagte, hoor ek nie die pes agter my aankom nie. Hy draai sy arms om my heupe en rus sy ken op my kop. My oë verrek en ek vat een arm, draai dit en trek dit tot sy slouerblad. Hy moan van die pyn.

"Michaels! Jy, né, gaan die oorsaak wees van jou eie dood." Ek los sy arm. Hy vryf dit om die pyn te verminder en lag.

Ek hoor 'n stem agter my saam lag. Ek draai om en sien dis Olsen. Later lag Sanders en Dunlopt ook. Meria lyk asof sy die wêreld se lag inhou, maar kry dit nie reg nie. Sy bars ook uit van die lag, al wie nie lag nie, is ek.

Wat is so snaaks?

Ek skrik my boeglam, breek amper Michaels se arm, en hulle dink dis snaaks?!

Ten minste is ek trots op my reflekse!

Dankie vir 2de plek in Short Story!❤ Kan ons nmr 1 maak?

Ek het nooit in my 14 jaar van lewe gedink dat ek 2de plek sal kom wêreldwyd nie! Dis te danke aan julle, my 28 lesers😂

Nag Skof Where stories live. Discover now