Uit die blou van onsse hemel
om ons land met trots te aanskou,
met die reg van dade en die eer van taal
En die son eisend op ons neer straalKakie veld en bossie,
kamp en rut in 'n flossie.
Skouers swaar belaai,
wie sou die dag ooit kon raai,
dat ons weer as 'n nasie,
vir Grietjie weer kan belaai!Om die vuur sit ons, gedagtes ver oor verlate vlaktes.
Oorwinning was in sig...
Hoopvol ;Vanaand...miskien môre sal die eeufees dalk weer begin.
Skuil onder die mat van span
en die gees van God,
Veg ons vir oorlewing, hoop en vaderland.
Die donker land se lig sal weer straal, moet voedsel en manne van staal.
Die dag sal wees, geskiedenis hom weer eendag herhaal!
Van land tot see sal hy vaar, geen wyk sal hom ooit weer anvaar. Oor elke kruin sal hy dwaal.
Klag van pyn verwyder, moegheid van vrees verdwyn, hoop sal soos donderstorms ydel. Monsters en winde sal kwyn sodra die nasie weer op sal staan!
Oor vêr verlate vlaktes en die kreun van Toyota, Massi en plaas ferrari sal groen wyfelde weer vergroen.
Ons sal andwoord op teneergedrukde swartgallige verdoemings kreet en offer wat ons het sodat ons kan lewe vir die wat gesterf het.
Want ons is ook Suid- Afrika.
YOU ARE READING
Gedigte
PoetryHierdie is n versameling gedigte wat ek geskryf het toe ek nog jonk was. Daar sal ook sekerlik een of twee wees wat in engels is. Hopenlik is daar iets vir almal om te geniet.