Boetie (2007)

6 1 0
                                    


Groot oog Dogtertjie van ses jaar bly in 'n ou beweginglose kar.
Die motor gekraak, en wiele maande al vas.
Met geen kos of kleding kas. Die koue buite die deure laat die tandjies knars.
Mamma is nou weer hier, al is die lewe buite duur.
Moet sy gaan net om ou kos te bedien.
Kyk mooi na boetie jy weet hys nog klein. Paar maande met n glimlag nog rein.
Mamma se dogtertjie is mos nou al mooi getrain.
Al is boetie se bersie al vuil.
Met 'n glimlag en knik en 'n armsalige knik.
"mamma is nou nou weer terug"
Met 'n soen en 'n druk, hartseer en moedeloos bedruk.
Draai om en stap na die lokaal waar hulle die koerante druk.
Enige ou werkie smeek ou Maggie.
Saligheid gevind deur die outydse werkie.
Harde dag trek al stadiger te laat is dit agter die rug.
Dit is 'n goeie berig, maar haar honger sal sy weer bedruk.
Darem is daar genoeg vir 'n brood en 'n melkie.

Terug by die kar sit mamma moeg, sussie se honger neem ook haar stukkie.
Boetie slaap al die hele dag al sit mamma vir haar soentjie en wag .

Dit was koud buite, die reen het als verklam. Boetie se bersie sal maande nog wag.
Die donderweer het gebyt met die donker loop boetie tyd saggies uit.
boetie lê knus en sag sonder stryd en smag.
vir mamma kon hy net nie meer wag...

GedigteWhere stories live. Discover now