Hoofstuk 8

148 8 0
                                    

Ek sit en musiek luister in my GTI terwyl ek wag vir Marko se bus wat hom terug bring van Durban af ..

Ek is ongelooflik opgewonde om hom weer te sien .... dit was n baie lang 6 dae .....

My ma is darem nou gesond en weer besig agter die kos potte .... sy is juis nou besig om iets te maak vir as Marko terug is.

Ek is so besig om Halsey se Walls could talk te luister op volume 100, dat ek nie eers die Blou Bok wat ons skool se rugby bus is, sien in draai nie. Al die seuns van ons eerste span stroom uit die bus uit en gaan om hulle tasse terug te kry.

Ek klim uit en gaan sit voor op my kar. Die sonnetjie is warm so vroeg op n Saterdag oggend.

"Chaarrr!"

Hoor ek Marko se stem en kyk in die rigting waar dit vandaan kom.

Ek hardloop in Marko se arms in en hy tel my op. Hy gee my n soen op die wang en sit my weer neer.

"Ek is sooo baie bly om jou weer te sien Marko. My ma is terug by die huis, sy is nou besig om vir ons kos te maak. Ek moes vir my GTI n nuwe rim op sit links voor want ek was in gedagte toe slaan ek daai vieslike slaggat in Loop straat. Ella en Ruan het saam gaan kuier, ek weet nie wat daar aangaan nie..." babbel ek.

Marko kyk net vir my en luister ingedagte na my woorde wat net uit stroom uit my mond uit.

"Ek is jammer my skat. Vertel my bietjie van jou toer." Vra ek na so 15 minuute onverskonning.

"Dis Okay. So toe ons daaraan kom was ons almal natuurlik eers strand toe. Het daar baljaar en op die duine mekaar daar rond gestamp en trip en tekere gegaan. Ons het op dag 4 gaan kyk hoe die Sharks oefen hulle het laat ons so rukkie saam met hulle 'touch' rugby speel. Kyk hier is n foto van ons saam met die span. En hier is n foto van my saam met Cameron en André." Hy wys vir my die foto's.

"Wow. Dit was seker ongelooflik gewees om hulle te ontmoet."se ek vir hom en bekyk die foto's.

"Ja nee baie van die seuns was simpel mal gewees en het probeer een van hulle rugby balle steel." Lag Marko.

Hy is ongelooflik mooi as hy lag.

"Ooo jah ek het mos vir jou gese ek het vir jou n geskenk gekry. Wel dis nie n fisies iets nie. Ek het vir ons toesteming gekry om met die Golfies te gaan race op Kayalami se resies baan. So ek het gedink ons kan dalk die naweek deur ry en gaan kyk hoe lyk dit."

Toe Marko dit vir my se spring ek amper uit my vel uit. As daar nou een ding is wat ek nog altyd wou doen is dit net gaan kyk na n resies op Kayalami, maar nou, nou gaan ek eintelik self op die baan wees in my eie kar.

"IS JY ERINSTIG!!!! Dit is soos verby awesome.....!!!" Gil ek amper Marko se ore af.

"Ek sal nie oor so iets vir jou lieg nie, ek weet hoe jy voel oor dit" lag Marko.

Ons besluit om maar huis toe te verkeer, my ma wonder seker waar ons is. Dit voel ongelooflik om Marko terug te he by my. Om sy gesig te sien. Om sy stem te hoor. Om sy hand vas te hou.

Ek ry stadig huis toe en ry ook n lang pad want ek wil musiek luister.
Ons ry by my huis se hek in en stop voor die motorhuis deur.

Ek kyk terug na my karretjie. Ek is ongelooflik dankbaar vir haar. Ek weet nie eers hoefeel my ouers betaal het om haar vir my te koop nie. Nooit in n miljoen jaar sou ek gedink het hulle sal vir my n GTI koop nie.

Ons loop on die huis in en n fantastiese reuk van Kerrie slaan in ons gesigte vas.

"Yasss, Tannie maak Kerrie en rys. Ek was net gister lus vir Kerrie en rys." Se Marko en loop na my ma toe, gee haar n druk en n soen op die wang voor hy my pa met die hand groet.

"Welkom terug van Kerrie land Marko" lag my ma en draai om, om my te groet.

"Dankie tog ek is bly om te sien julle onthou julle het n dogter" lag ek en druk my ma.

Ons almal lag.

Op hierdie oomblik het ek besef hoe gelukkig ons is. Ons is n baie gelukkige familie. Iets wat baie min mense het. Nog iets om voor dankbaar te wees.

Ek en Marko dek die tafel terwyl my ma en pa die kos opskep.

Ons almal lag.

Ons lag vir my pa se droee grappies en vir die stories wat Marko ons vertel van wat hulle in die aande aangevang het op die toer.

"Oo jah Mams en Dad. Marko het toestemming gekry dat ek en hy met die Golfies kan gaan ry op Kayalami se baan. Ek wil net hoor of ons die naweek kan deur ry?" Se ek my ouers van die verassing.

"Natuurkik my kind. Ek weet dit is een van jou grootste droome om daarna toe te gaan. So nou dat jy die kans kry om daar te gaan ry gaan ek jou defnetief nie terug hou nie. Bly net veilig en hou ons op hoogte." Se my pa en glimlag vir my.

Ek kyk oor na my ma ek kan sien sy is bekommerd maar sy glimlag en knik haar kop.

"Dankie Dankie dankie. Hulle is die beste ouers ooit." Se ek en spring op om hulle te druk en te soen.

Nog iets om voor dankbaar te wees.

Meisie met die GTI Where stories live. Discover now