Hoofstuk 3

185 7 6
                                    

Marko sit terug en kyk my in my oë . "Jammer Char. Ek wou dit net al lank al doen" sê hy en spring vinnig op. Hy lyk verbaas met homself.

Hy is besig om sy hande deur sy hare te vee. Hy kyk verbouereerd rond en toe weer vir my "Met lankal bedoel ek soos Graad 9 al."

"Ummm... oh okay.. well..." ek kry nie gepraat nie. Dis assof die woorde in my keel vassit. Ek kan nie glo Marko het my gesoen nie.

My eerste soen.  Met Marko De Lange.

Ek moet se ek is bly hy het my gesoen. Dis asof die gevoel van sy lippe op myne nog altyd daar moes wees maar ek het nooit geweet daarvan nie. Ek kon die elektrisieteit tussen ons amper voel.

Ek kyk op en glimlag vir Marko. 

"Char ek is regtig jammer. Ek... Ek sal loop huis toe." Marko begin gryp na al sy boeke en sy tas, hy het nog nie vir my gekyk om te sien wat my reaksie werklik is nie.

Hy storm by my kamer uit.

"Marko wag." ek gryp na sy hand, weereens voel ek die elektrisieteit toe my hand syne raak, hy draai vinnig om en kyk verbaas na my hand in syne.

"Kyk dit was bietjie um... onverwags... en wel.... jy hoef nie te gaan nie, ons het nog baie huiswerk om te doen." val ek oor my woorde en beduie na die hope boeke  wat nog op my bed lê.

Marko staan net en kyk vir my. Hy lyk verbaas dat ek vir hom gesê het hy kan bly.

Wat gaan aan met die man. 

Ek is seker hy al miljoene meisies gesoen wat hom nie weg gejaag het nie.

"Char." Ek kyk op na Marko. Sy bruin oë nogsteeds groot. Hy sit sy tas en sy boeke neer en sit weer lanks my op die bed.

"Dis goeie nuus." is al wat hy sê en gooi sy arms om my, en le met sy gesig op my skouer.

"Marko wat gaan aan. Jy is so gestress oor wat ek dink. Ek meen. Ek is seker jy is nog nooit deur n meisie weg gejaag omdat jy haar gesoen het nie."

Ek is net te nuuskierig. Ek moet weet wat aangaan.

"Shoe Char. Jy sal my nie glo as ek jou sê nie."

Hy kyk voor hom uit en sug. "Jy is die tweede meisie wat ek al ooit gesoen het."

"WAT??. Marko jy lieg vir my daar is nie n manier dat jy nog net twee meisies in jou lewe gesoen het nie. Jy is dan soos die aantreklikste ou in ons skool al van Kleuterdkool af. Wie was die eerste een?"

Ek is verbaas deur die seun wat nou weer lanks my op my bed sit. Die hoofseun is toe nou nie so los soos wat almal hom laat klink nie. 

"Marlize."

Ek bars uit van die lag.

"Char. Kan jy nie lag totdat die storie klaar is nie" lag Marko saam.

"So ons was in graad 2. Marlize is deur n by op haar lip gesteek. My ma altyd gesê n soentjie maak alles beter" verduidelik hy.

"Toe soen jy Marlize want die by haar op haar lip gesteek" maak ek sy storie klaar.

"Ja. En van toe af nooit ooit weer tot omtrent so 10 minute terug" Marko kyk op na my.

Ek dink hy verwag ek moet hom nou uithaal of iets.

"Ek dink dis flippen oulik. Jy haar gesoen sodat sy kan beter voel." Ek sien hoe Marko se wange begin rooi word en hy kyk toe af.

Ek sit my hand op sy wang, hy kyk op en gee my nog n soen. Die keer bietjie langer en met meer bedoeling.

Ek trek weg en glimlag. "Jy intreseer my so baie Chardonnay De Wet." sê hy en gee n laggie.

Ons gaan toe aan met ons Engelse huiswerk, wat ons heeltemal van vergeet het.

"Char my kind. Gaan Marko vanaand by ons eet of is hy van plan om huis toe te gaan" hoor ek my ma se stem deur die gang weergalm.

Ons het so lekker verder gekuier dat ons nie eers gesien het dit is 6 uur nie.

Marko staan op en loop kombuis toe. Ek is kort op sy hakke agterna. "Haai tannie ek sal nie omgee om van tannie se lekker kos in my maag te kry nie" sê Marko toe hy ons aand ete sien. Gebraaide hoender met gekookde groente en kapok aartapels.

"Ag Dankie Marko. Ek sal vir jou n plek op sit by die tafel" sê my ma. Haar rug is op ons gedraai terwyl sy die groente in die pot roer.

"Ek bel gou my ma. Kan ek die huisfoon gebruik tannie" vra Marko terwyl hy soek na sy foon. Wat heel waarskynlik in my kamer le waar ons "huiswerk" gedoen het.

"Naruurlik"

*tring tring*

*Hallo Tannie Miggie. Kan Tannie my asseblief deursit na die De Lange's* 

*Dankie Tannie*

*Hallo Mammie dis Marko*

*Ja Ja ek weet. Ek wil Mammie net laat weet ek eet by Chardonney hulle vanaand. Ek sal na ete weer terug wees by die huis.*

*Ja Mammie*

*Okay*

*Lief Mammie*

Ek staan en verkyk myself aan die 18 jaarige seun wat met soveel respek met sy ma praat. Ek nog altyd geweet onder al daai harde gatgeit is n groot sagte hartjie. Lyk my ek was reg.

Ons almal sit aan tafel. Ons skep ons kos in en maak reg om te bid.

"Oom mag ek dalk dankie se vir die kos" vra Marko my pa net voor ons ons oe sluit.

"Ek het nie n probleem daarmee nie seun. Gaan vir Goud" se my pa en kyk vir my. Hy is baie verbaas dat ek n seuns vriend by die huis aangebring het. Darem hy geniet vir Marko hulle het vroeer terwyl ons die kos tafel toe geskuif het oor rugby gepraat.

"Ons Hemelse Pappa. Dankie. Dankie vir al ons seeninge. Dankie vir die kos wat hier voor ons le, wat so ongelooflik lekker ruik en lyk. Dankie vir my vriendin wat hier lanks my sit. Gaan asseblief saam met almal wat minder bevooreg is as ons. Vergewe ons sondes. Ons bid dit nie in ons naam nie maar in U wil aleen. Amen"

"Dit was pragtig Marko" se my ma en gee vir Marko n warm glimlag.

Wel my ouers hou baie van Marko. Dis seker n goeie ding. Dit beteken hy kan meer kom kuier. Ek sal dit geniet. Ek sal dit baie geniet.

Die tafel gespreke het gegaan van skool na sport na politiek en toe na Marko se toekoms planne.

"Nou toe. Ek gaan moet begin huis toe gaan." Se Marko en staan op nadat ons klaar geeet en kuier het.

"Ek sal jou gaan aflaai."

"Ag nee dis okay ek sal loop"

"Marko dit is 9 uur. Ek gaan jou huis toe vat" lag ek en gryp my sleutels.

"Sy soek net n verskooning om met haar kar te ry Marko." Se my pa waar hy op gestaan het om Marko se hand te skud.

"Oraait nou kom ons gaan" se Marko nadat hy my pa se hand terug geskud het en my ma n druk gegee het.

Marko gryp die sleutels uit my hand uit en hardloop by die voordeur uit.

"De Lange ek sal jou vermoor" skree ek en sit hom agterna.

Altwee my ouers staan by die voordeur en kyk hoe ek en Marko soos n klomp laerskool kinders mekaar rondjaag op die grasperk.

Meisie met die GTI Donde viven las historias. Descúbrelo ahora