Jy's altyd daar,
'n spook wat in my gedagtes weergalm,
jy het in die laaste paar dae die enigste konstante in my lewe geword ,
soos die son wat elke dag die maan verslind,

net jy, net jy is die enigste konstante, terwyl alles uitmekaar val, my gedagtes 'n tornado,

jy's my eerste gedagte as die son sy arms om my gooi in die vroeë oggend ure en die laaste naam waaraan ek dink as die nag sy ysige vingers rondom my draai.

-(f.v)

Nimmer immer bos Where stories live. Discover now