skryf

2 0 0
                                    

Ek sit by my tafel en ek skryf, woorde word soos wonde op papier gekrap, in die skemer lig,

ek probeer skryf hoe ek voel, hoe die seer en die leemte meer is hierdie week,oor hoe die trane nie wil vloei nie,oor hoe ek te vinnig verlief raak, te vinnig vertrou, te veel voel of te min,

oor hoe ek smag na 'n gesprek waarna twee mense regtig na mekaar luister,oor hoe ek wens jy wil kom in kruip onder die donker kombers van my gedagtes.

-(f.v)

Nimmer immer bos Donde viven las historias. Descúbrelo ahora