'n Boer wat lewenslank sy plaas oppas,
se verhaal begin met sy sakdoek,
weggebêre, diep in sy kas.Kritier! Waar kan dit wees?
Ek moet vinnig maak
anders gaan ek laat wees!Die koffie is klaar.
Ek het ook nie geëet.
Maak asseblief solank die spek gaar.Kritier! Die koei het gekalf!
Die draad het my arm gesny,
bring asseblief solank die salf.Die plaas het stil gaan staan
die dag toe Kritier...
sy hart vergaanKritier! Wys my nog een maal
waar my sakdoek kan wees,
sodat ek die trane van my wang kan af haal.'n Boer wat lewens lank sy plaas oppas,
se verhaal eindig met sy sakdoek,
weggebêre, diep in sy kas.
