Ek sit kruisbeen op die grond soos i kind
my rug gedraai op die vuur
Met my oë gefokus op die skerm van die televisie
en ek besef die ligte raak duurNa ure se kontemplering en lang gebede
na diep gesprekke het ek geleer:
Waardeer die klein goed wat God jou gee
want mens word gierig met meer en meerMens loop deesdae in die verkeerde rigting
en sien die belangrik mis
Hy, die Een wat sal wees, is en was
sal aanhou na jou kisSoveel dinge wat ons gedagtes lok en trek
Hy het betaal met Sy Bloed
Mense dink en fokus op verskillende dinge
ons skenk aandag aan die verkeerde goedMense werk hard en sit alle las op hulself
gedreineerd en sonder energie
roep mens uit om hulp met jou laaste asem
want die bron van krag is nie hernieubaar nieEk sit kruisbeen op die grond en is Sy kind
my rug draai is nou verby
Met my oë gefokus op die skoonheid van die mooi
en ek besef my Lig brand binne my.
