Jy, ja jy met die hande.
Met die hande wat 'n skeur in die kous vaswerk.
Met die hande wat die kind skeur.Jy, ja jy met die hande.
Met die hande wat die vloeistof oor die plante stort.
Met die hande wat die vloeistof oor die planke stort.Jy, ja jy met die hande.
Met die hande wat die gat nou grou.
Met die hande wat die gat in die foto los.Jy, ja jy met die hande,
nes ek
nes ek,
het Hy jou ook gemaaknes ek,
het Hy jou ook liefnes ek,
het Hy jou ook vergewewant 'n skeur is 'n skeur
want vloeistof bly vloeistof
want 'n gat is 'n gat
want dood bly doodwant sonde bly sonde
jy, ja jy, nes ek