*Luister na die liedjie terwyl jy die storie lees*
Die pianis skuif in agter die klawerbord, geklee in sy mantelpak. Hy plaas sy vingers op die sleutels en 'n sagte melodie vul die lug terwyl die wind die
eens spierwit gordyne laat dans.Vir 'n oomblik is daar doodse stilte. Die geskryf op koerant binne 'n dik, swart raam van destyds vang sy oog vir die soveelste keer en al die herinneringe neem sy gedagtes oor. Die geskreeu. Die skote en toe die stilte.
Na 'n diep asem kyk die pianis weer na die sleutels en begin verder speel. 'n Warrelwind van emosies bars los. Die hartseer oor die verlies van sy geliefde, sy oogappel, sy wêreld. Die skuldgevoelens omdat die aanvallers
by haar uitgekom het en nie by hom nie. Die woede... Oor hoe min tyd ons werklik het.Wanneer die melodie sy hoogtepunt bereik, word die pianis se oë sag en teer soos hy haar gesig weer onthou: Blonde, krul hare wat oor haar skouers val met blou oë wat die storms in sy hart kon laat bedaar. Haar sagte glimlag en lag plooitjies laat hom nog meer verlang.
Soms kan hy nog hoor hoe sy kaalvoet deur die gange trippel. Sy was werklik 'n kind van die wind.
Die huis voel leeg sonder haar engel-stem wat soos legkaart stukkies gepas her by elke een van sy komposisies.
Hierdie een was haar gunstelling.
As hy mooi kyk, kan hy nog sien hoe sy dans in haar spierwit rok en die liefde in haar oë verdwyn nie eens nie. Haar passie vir musiek het altyd 'n manier gevind om deur te skyn. Selfs in die moeilike tye.
Sy vingers fladder oor die sleutels soos vlinders terwyl 'n enkele traan oor sy wang loop. En dan onthou hy nog iets...
Daar was altyd blomme in die huis. Iets wat sy geglo het, altyd geluk sal bring. Af met die trappe tot in die tuin waar al die blomme in netjiese rye geplant is.
Weer op met die trappe en daar staan dit...reg langs die klavier.Tussen al die stof , spinnerakke en donkerte, staan die mooiste en helderste geel sonneblomme en dit gee hom weer hoop.
So wanneer jy die musiek hoor speel, loop af met die grondpad tot by die
groot, eensame huis.Daar waar die ou hout bordjie lees:
Ongelukshek.
YOU ARE READING
Ongelukshek
Short StoryNa 'n plaasaanval, waar 'n man die liefde van sy lewe verloor het, probeer hy alles in sy vermoë om haar te onthou. Hy dra een van haar gunstelling komposisies aan haar op en word herinner aan haar menswees. Dit gee hom weer hoop.