A/N:
Ek hoop daar is wel Afrikaanse lesers hier! As daar is, ek hoop julle hou van die storie:) Die eerste hoofstuk is maar net bietjie agtergrond, die volgendes sal nie so vervelig wees nie;)Deel 1
Ek mis dit. Die wakker word met die geraas van Ma wat skottelgoed wegpak in die kombuis. Die koffie wat Pa vir my gemaak het. Die geveg met Andries om die laaste stukkie spek te kry, wat hy elke keer wen maar elkgeval dit met my deel.
Dit is al 'n maand wat ek hier by Ouma bly, in Warmbad, en dieselfde hartseer groet my elke oggend wanneer ek besef dat ek nooit weer vir Ma, Pa en Andries gaan sien nie. Ouma sê ek sal hulle eendag weer sien-in die Hemel-en dat hulle nou gelukkiger is as ooit tevore. Ek het altyd in God geglo, maar watse tipe "liefdevolle vader" ontneem 'n onskuldige agtienjarige van haar gesin, of 'n opregte twintigjarige van sy helder toekoms. Ná die ongeluk vind ek dit moeilik om te glo dat daar wel 'n liefdevolle Vader is en dat hulle nou gelukkig by Hom is.
Boonop dit alles, sit ek nou by 'n plek waar daar niks aangaan nie. Ek was dolgelukkig met my besige stadslewe in Pretoria, ek het uitgesien om een van Tukkies se top BCom-studente te wees.
Warmbad is 'n dor, warm, stil en lewelose plattelandse dorpie. Ek haat dit hier. Ouma probeer haar bes om geduldig te wees met my depressiewe houding, maar ek sal haar nie blameer as sy my een van die dae uitskop nie.
Gepraat van die duiwel. "Lina, kom gou hier, asseblief. Ek wil iets met jou bespreek."
Seker nog 'n toespraak oor hoe 'n positiewe houding die wêreld kan verander.
"Ja, Ouma?"
"Ek het met Tannie Bets van die tuisnywerheid gepraat. Sy benodig 'n ekstra hand in die besigheid, en jy benodig 'n afleiding. Al hoe jy kan begin aanbeweeg, is deur iets te kry om jouself besig te hou. Ek het vir haar gesê jy kan more daar begin."
"Ouma! Hoekom het Ouma dit nie eers met my bespreek nie? Ek is nog nie reg om "aan te beweeg" nie."
"Ek het geweet wat jy sal sê. Dit is ononderhandelbaar. As jy nog hier wil bly, moet jy maar vir 'n slag na my luister. Dit is net in jou guns."
"Maar-"
"Dis finaal. Ek sal jou more oggend daar gan aflaai en weer more middag oplaai."
Ek het stilgebly en in my kamer gan salk. Ek wens die ongeluk het nooit gebeur nie. Ek wens ek was ook daarin.
YOU ARE READING
Stukkend
RandomLina Coetzee is 'n tipiese stadsmeisie. Sy het haar toekoms reeds beplan; studeer, word 'n geöktoeerde rekenmeester, trou met 'n suksesvolle besigheidsman, leef 'happily ever after'. Ná 'n tragedie waarin Lina haar gesin verloor, is haar enigste op...