Deel 2

24 2 3
                                    

Wat trek mens aan vir 'n werk by 'n tuisnywerheid? 'n Voorskoot? Met 'n haarnet? Eew. Ek het maar besluit om net 'n lang denim met 'n swart T-hemp te dra. Die denim sit nogals mooi, al moet ek self so sê. My lang, blonde hare is in 'n gewone poniestert vasgemaak.

Ek het die hele pad nie 'n woord vir Ouma gesê nie, vasbeslote om haar te wys presies hoe min ek hierdie "hulp" waardeer.

Die tuisnywerheid, "Betsie se winkel", is 'n klein en netjiese winkeltjie. Ek moet erken, die reuke wat my by die deur groet is die tipe wat jy kry in daardie drome-die eenes waaroor jy hartseer is as jy daarvan wakker word. Tannie Bets is 'n ronde, uitgesproke, luid en vriendelike, Tannie. Mens kan dadellik sien sy is een van daardie spontane mense.

Ek kry die idee dat dit effens moeilik gaan wees om hier my negatiewe houding te behou.

"Kind, jy moets asseblief vir my na die kliënte omsien, en by die kassier werk as iemand ietsie koop."

"So ek gaan nie bak of kook nie?", vra ek, effens verlig.

"So 'n mooi gesiggie kan nie in die kombuis weggesteek word nie, hartjie."


Die oggend was redelik stil, daar was net 3 kliënte. Dit is eers later wat daar bietjie opwinding was, toe iemand met 'n groot boks, wat tot bo sy gesig strek, ingestap kom.

"Hello Ouma, Pa stuur hierdie vir Ouma, waar kan ek dit sit?"

Ek kyk verbaas na die man, onseker of ek my teenwoordigheid moet bekend maak en of ek net moet stilbly en vir Tannie Bets gaan roep. Ek kon aan sy stem hoor dit is 'n redelike jong man, en my skaamheid laat my toe besluit op die laaste opsie.

"Tannie Bets, daar is 'n man in die winkel opsoek na Tannie."

"Dankie, liefie, sê vir hom ek is nou daar."

"Tannie Bets sê sy sal nou hier-" My woorde verlaat my toe ek die jong man se gesig vir die eerste keer sien. Goeie genade! Ek het gedink die platteland het net klein mannetjies met skewe tande wat 'n bril dra. Ek was duidelik verkeerd. "Sy sal hier nou wees"

Great, dink ek, nou het ek al klaar 'n gek van myself gemaak. Met so 'n aantreklike stukkie vleis nog ook.

Hy staar verbaas na my, net so stil soos ek.

"Hi, ekskuus, ek het gedink jy is my Ouma." Hy haal sy hoed af en steek sy hand uit na my. "Waar's my maniere, ek is Pieter, Tannie Bets se kleinseun."

Sy denimblou oë kyk reguit in myne, terwyl ek alle konsentrasie gebruik om nie weer soos 'n onopgevoede weirdo te lyk nie.

Ek steek my hand uit en skud syne. Ek hoop regtig hy gril homself nie tot in 'n ander geloof in, nadat hy my sopnat sweethande gevoel het nie. "My naam is Lina, vir jou Ouma is ek werk."

Uitstekend Lina, net mooi uitstekend.

Tot my verbasing, glimlag hy net gerusstellend vir my. Damn, as dit is hoe hy lyk as hy glimlag, sal ek verseker meer gereeld myself moet verneder.

"Ek het jou nog nooit hier rond gesien nie, van waar af kom jy?"

Oukei Lina, Konsentreer. Dis nie so moeilik om 'n normale sin te sê nie. "Ek het onlangs hiernatoe getrek van Pretoria af." Yes. Ek gee myself 'n innerlike high-five.

"Sê asseblief vir my Ouma dat my Pa hierdie boks gestuur het. Ek is bietjie haastig." Hy steek weer sy hand uit na my. "Bly te kenne."

Ek staar verward na sy hand, totdat hy dit terug trek na 'n rukkie. Hy is so aantreklik, dink ek by myself. Ek wonder of hy eendag 'n besigheidsman gaan word. Ek kan sy boeke doen, en ons sal gelukkig saam lewe in 'n groot, moderne huis. Ons kinders kan in 'n duur privaatskool wees. Hulle sal-

"Eh-ehm"

Sy halfhartige hoesgeluid ruk my skielik uit my dagdroom uit. Hoe lank wag hy al hier? Hy dink seker ek is 'n totale piesang.

"Skies, jammer, ek het net- ek sal vir Tannie Bets sê. Lekker dag verder, bye"

"Totsiens", groet hy en stap uit. Ek kyk hoe hy in 'n silwer Hilux bakkie klim en wegry.




Na 'n lang, interessante dag klim ek verlig in die bed. Ek hoop more is nie so vernederend vir my nie. Tot dusver was elke aand 'n hartseer tyd, waar ek net in die bed lê en dink hoeveel anders dinge sou wees as die ongeluk nooit plaasgevind het nie. Maar vanaand is daar iets, iemand, wat al die plek in my gedagtes opneem. Vir 'n oomblik wonder ek of Ma en Pa ooit sou glo as iemand vir hulle vertel het dat ek in 'n tuisnywerheid werk. Die bekende seer kom skielik terug, soos 'n misdadiger wat terugkeer om sy slagoffer weer te martel.

Nie vanaand nie, dink ek. Vanaand gan slaap ek sonder trane. Ek staan op teen die misdadiger en rig my gedagtes weer op Pieter.

Ek het hom wel vandag eers ontmoet, maar daar is iets omtrent hom, 'n opregtheid, 'n nederigheid, wat my honger maak om hom beter te leer ken.

Sy aantreklike, diep denim oë verskyn weer in my gedagtes, net voordat ek met 'n glimlag op my gesig aan die slaap raak.




StukkendWhere stories live. Discover now