Ek word sewe uur wakker van die bure se hoenderhaan wat kraai. Rerrig? Dis nog nie eers lig buite nie! Oukei, dit is winter, so dit word baie laat lig. Maar nogsteeds. Ek benodig my slaap.
Ná 'n paar gefaalde pogings om weer aan die slaap te raak, besluit ek om maar op te staan.
Ek kan nie glo ek gan hierdie nou erken nie, maar ek sien eintlik uit om vandag te gaan werk.
Nie net omdat ek 'n massiewe hoop binne my het om weer vir Pieter te sien nie, maar ook omdat ek sien dat Ouma dalk reg is. Die werk mag dalk net my help om aan te beweeg.
Ek doen vandag effens meer moeite met my voorkoms-My hare nogsteeds in 'n poniestert, maar swart tights met 'n wit trui wat my figuur komplimenteer. Ek het dit oorweeg om bietjie oogomlyner en maskara aansit, maar die luiheid het my andersins oortuig.
Tannie Bets is nog heeloggend so bietjie vreemd met my. Kyk so elke nou en dan na my en glimlag by haarself.
Teen een uur het Pieter nog nie 'n verskyning gemaak nie en ek het aangeneem dat ek hom seker eers oor 'n lang ruk weer sal sien.
Dit het wel nie my nuuskierigheid gekeer nie, en ek het besluit om Tannie Bets oor haar familie uit te vra. Miskien noem sy iets oor Pieter.
"Ag, Hartjie, daar is te veel om in een middag te vertel. Ek het twee dogters en een seun, drie kleindogters en vier kleinseuns. As ek eers oor hulle begin spot, sal jy nooit die einde daarvan hoor nie. My jongste kleinkind is vyf jaar oud en my oudste een, een-en-twintig."
Mmm, nog niks oor Pieter nie. Eknwil dit nou nie obvious maak dat ek eintlik net oor hom wil hoor nie.
"Bly enige van Tannie se familie hier in Warmbad?"
"Nee, ongelukkig nie, Hartjie. My seun bly darem naby, op 'n plaas so vyftig kilometer buite warmbad. Hy boer met groente en beeste. Hy het twee seuns en een dogter, die een seun en dogter is hier by Hoërskool Warmbad in die koshuis. Die oudste seun, my oudste kleinkind, boer saam met sy pa."
Dit moet seker Pieter wees, dink ek.
"Oja! Dit is vir hom wie jy gister ontmoet het. Pieter. Hy het vleis en groente kom aflaai. 'n Hardwerkende, opregte jong man soos hy, kry 'n mens nie maklik nie. Nie in vandag se tyd nie."
Bingo! So hy is een-en-twintig. Hy lyk eintlik ouer as wat hy is.
En hy is opreg en hardwerkend, nogal. Glad nie sleg nie, vir so oulike gesiggie. Met so 'n prentjiemooi gesig sou ek lankal iets helemal anders as opreg gewees het.
En natuurlik, is hy 'n boer. Dis die enigste downside. Ek weet nie of ek ooit'n boer aantreklik sal kan vind nie. Vuil naels, growwe hande, kort en styllose hare, ongelyke tan-lyne, sweeterige hemde, gedaande skoene, en absoluut geen benul van moderne modes nie.
Met 'n groot, dramatiese sug, besef ek dat dit verby is tussen my en Pieter.
"En nou, Hartjie?", vra Tannie Bets bekommerd.
Ek het sopas opgebreek met Tannie se kleinseun. Al was hy nie bewus van ons verhouding nie, was dit 'n moeilike besluit om te maak. Ek wou hom nie seermaak nie.
Ek kan sekerlik nie dit sê nie, kan ek?
"Ag dis sommer niks, Tannie."
"Jy kan enige tyd met my praat as iets jou pla, hoor Hartjie."
"Dankie, Tannie."
Met nog 'n groot sug, hierdie keer net in my kop, besef ek hoe eensaam ek werklik is. Tannie Bets se omgee laat my verlang na Ma se arms en Pa se sê-dinge wat my nou sou troos het. Andries sou my nou kielie of homself sleg sê, totdat ek weer glimlag.
Op hierdie stadium, lyk dit nie of ek binnekort weer gaan glimlag nie.
YOU ARE READING
Stukkend
RandomLina Coetzee is 'n tipiese stadsmeisie. Sy het haar toekoms reeds beplan; studeer, word 'n geöktoeerde rekenmeester, trou met 'n suksesvolle besigheidsman, leef 'happily ever after'. Ná 'n tragedie waarin Lina haar gesin verloor, is haar enigste op...