my keel is kurk droog
my hande pap nat gesweet
my hart klop al vinniger
tot my borskas oopskeer
my gesig voel al rooier
met die gloei van die son
my kop op die punt om te bars
tot die trane begin rol
jy is ongelukkig met my en dit maak my hart seer
ek wens vir beter woorde
n beter manier
om vir jou te kan se
hoe lief ek jou het.