Stap Alleen

131 8 5
                                    

Sy haat haar liggaam en haar brein.
Sy haat haar vingers tot op die laaste kwatrein.
Sy krap aan haar vel
en jeuk om vir hulp te bel.

Die selfmoord gedagtes
moer weer hard vanaand.
Sy is ń meisie, haat draend.
Sy is ń meisie, stil, vraend.

Haar oë word dof,
haar hart het sopas in haar borskas ontplof.
Sy't haar hare in haar hande,
gedagtes, toegebind in verbande.

Sy lewe in vrees van vergeet wees,
kruip weg in skadus van gereed wees.
Skelm en slinks klop haar siel.
Dis die eensaamheid wat mens verniel.

Sy sukkel om haar gewoontes te laat gaan.
Haar selfbeheersing is besig om te vergaan.

In haar gedagtes, is daar ń aanhoudende gil.
Die wêreld in haar kop, staan net nie stil.

Sy moet dalk haar sondes bely
en vergifnes verkry,
maar kan ń hardkoppige brein dan die waarheid
praat?
of is ń gebroke hart net dalk desperaat?
Sal jy haar dan wegvou en met haar hart praat wat stom is
Haar woorde inneem en verstaan wat eenvoudig dalk dom is.

In ń driehoek vasgebind
kan sy haarself weer vind,
maar sy verdrink in haar trane.
Tornado's in haar hart.
Donderweer van pyn.
Weerlig van smart.

Ek dink almal ken die vuur in haar siel.
Die passie vir regmaak uit ń oogpunt van verniel.

ń Bloedbad van emosies wat egalig en skuldig van haar polse af rol.
Die lank terug laasgeëetde- hongermaagkol.

Al vriend wat sy oorhet, is die depressiewe tiener wat vir haar in die spieël staar.
Saggies fluister sy:
"Dis okay. Asseblief bedaar"

Sy besef die roete kan slegs alleen gestap word.
Die storie van ń verblikte hart wat kleur kort.

- C STEYN

Sy BesefWhere stories live. Discover now