Hoofstuk Een

36 2 0
                                    

"My liefste kindjie.

Ouma weet dat ek jou belowe het dat ek altyd daar sal wees vir jou. Ongelukkig werk tyd nie in een van ons se guns nie.

Ek weet hierdie is my eerste en ook my laste brief en wens is."

Linda Schoeman kan voel hoe die ander ses oë om die tafel na haar staar.

Die fyn papier in haar handjies voel soos 'n ton. Haar ouma is skaars twee dae terug in haar graf gelê.

Hier sit hulle. Oom Jan, wat ouma se goeie vriend en prokereur was\is.

Tannie Ralie wat eintlik net die buurt se aasvoël agtige mensie is. Maar tog ook maar 'n sagte plekkie vir ouma gehad het,ek dink.

Ek is nie seker wat oom Joop hier maak nie.

"Lindatjie, ek weet jou ouma het baie goed nie vir jou vertel nie, maar ek dink jy moet jou brief eerder later lees. Ek moet ongelukkig verder gaan met die testament."

Stadig sak Linda se oë na die brief terwyl sy hom toe vou.

"Askies,ek het vir 'n oomblik vergeet waar ek is."

'N geforseerde glimlag van Linda stel als reg en al die oë is weer op oom Jan.

"Goed, ek lees verder."

"Ralie, jy moet regtig leer om party dinge in die lewe so bietjie te wardeur. Net omdat daar iets is om joune te wil noem beteken nie dat dit na regte joune is nie. Nie te min, my oudste vriendin..." Daars 'n halwe glimlag op oom Jan se gesig veral nadat hy die skok op tant Ralie se geaig sien.

"Ja, ek weet dit is nie wat jy wil hoor nie, ek wil vir jou baie dankie se dat jy my altyd by geataan het. Jy en ou Joop was altyd reg met advies en bystand. Julle twee het my deur donker waters gehelp. Veral toe ou Lindatjie by my kom bly het. Wees lief vir haar soos wat jul altyd was. Vir julle twee los ek my huis en als daar in. Die bakkery is ook oorgedra aan julle."

Joop en Ralie knik hul koppe net eenkeer.

Linda dink sy het haar bewussyn verloor iewers tussen die huis en die bakkery.

"Wat?" Dis al wat Linda kon uit kry.

Oom Joop en tant Ralie staan met dit toe op. Hul het gekry waarvoor hul gekom het. Linda is nie regtig seker wat in die minuut gebeur het wat sy stom op die bank sit wat nie eers meer haarne is nie.

Oom Jan staan toe op en gaan sit langs die geskokde meisietjie.

"Kyk kinta, daar is niks meer oor van jou ouma nie. Sy het 'n trust in jou naam en daar is genoeg vir jou om oor te begin. Maar daars vir jou nog n trust een wat dadelik beskikbaar is AS..."

Linda staan op van die bank af. Nie heentemal seker hoe sy moet voel of wat sy moet se nie.

"As wat oom Jan? Na my ouers se dood is die al plek wat ek ken. Ek het hier groot geword. Ek werk hier. My lewe is hier.." voor die venster stop sy.

Die wind waai liggies deur die bome se blare. Iewers is daar 'n jong kind wat giggel skree.

"Môre is tant Ralie hier om my die trek pas te gee. Wat verwag julle van my?"

Als lyk vir Linda nog dieselfde, mense loop verby die huis asof niks regtig anders is nie.

Vir Linda is als skielik n storm. Haar instaan tydperk by die mark is so te se verstreke.

"Wag nou jong, dink jy so min van jou ouma? Jou avontuur begin nou eers kind." Geduldig sit die prokereur.

"Die tweede trust is daar van nou af beskikbaar maar..."

"Kom sit asseblief kind."

Stadig stap sy tot by haar geleende bank.

"Jy pak jou tasse vandag, jou vlug is vanaand. Die dorpie waarheen jy gaan is 'n klein dorpie. Le Murre is die plek se naam. Dit is die dorpie waar jou ouma gewoon het toe sy jou ouderdom was. Serpent straat nommer 13. Is waar jy jou tuiste gaan maak."

Voor sy iets kan se oor hierdie besurk idee hou oom Jan sy ou mens hand op.

"Dit is jou ouma se harts wens dat jy soontoe gaan. Ek weet nie hoe die plek lyk nie. Maar by die lughawe sal daar iemand weea om jou te vat waar jy moet wees."

Die ou man staan op en loop na die tafel waar sy akte tas staan, hy knip alby knippe op eenslag oop. Linda kan sie geruffel van die papiere binne die tas hoor.

"Hier in die koevert is als wat jy nodig het om by Le Murre in te gaan. Die huis se papiere is ook hier in. Jou ouma het als in die brief wat jy het verduidelik. Ek moet ongelukkig nou gaan. Maar hier is 'n selfoon, jy kan my enige tyd kontak."

Due krag om haar ouma se brief te lees is minder as niks. Oom Jan was skaars weg toe is tant Ralie hier om haar nuwe woning te kom in neem verander en bewoon.

Beloftes Maak SkuldWhere stories live. Discover now