... Linda my kind ek weet dat als sommer vinnig vir jou deurmekaar gekrap is. Maar jy moet weet ouma is lief vir jou jy is vir my meer 'n dogter as kleinkind.
Die vloer is onder jou voete geruk, dit is maar ongelukkig iets wat moes gebeur. Met sulke momente is daar net een opsie my kind en dit is om op te staan en aan te gaan. jy is nog baie jonk jy sal 'n paar keer val, partymaal sal jy baie hard neer voeter. maar ek weet jy sal elke ding wat in jou pad kom soos 'n meester hanteer.
Ek kan nie meer die dinge wat moet gebeur uitstel of vermy nie. Ongelukkig is dit regtig iets wat moet gebeur ek het jou regtig teen al die elemente probeer beskerm vandat jy knie hoogte was. dit sal ongelukkig nou wertlik oor my dooie lighaam gebeur.
Ek is jammer my kind. Ongelukkig is dit dat beloftes skuld maak. ek weet dit is nie eers n belofde wat ek of jy enigsins gemaak het maar soos ek sê dit is maar op die ou end iets wat net sommer is.
Ek het jou probeer beskerm teen dinge, baie dinge. Oom Joop en tant Ralie het my ook gehelp daarmee. Ja ek weet jy is vies vir hull maar jy moenie wees nie daai twee mense is vreeslik lief vir jou ook. nie eers hulle sal teen my laste wens gaan nie. Hulle het ook briewe met instruksies van my af ontvang. Voor die einde van die maand sal hulle ook by jou aansluit en presies aan jou verduidelik wat aangaan.
Ek weet nie wat gaan gebeur nie, eks jammer dat ek jou nie reg voorberei het nie. Na die ding van jou male was ek baie meer paranoiies en oor beskermind teenoor jou. jou kleine lyfie sou nie verder kon hanteer om so swaar te kry nie. Ek is te lief vir jou gewees daarom was dit net ek en jy. omdat ek lief is vir jou gaan jy nooit uitvind wie en wat jou ouers was nie. moontlik was hulle lief vir jou op hulle manier. maar ek kan nie regtig vir jou se nie.
Jy sal elke week ietsie ontvang van my af asseblief my kind doen wat ek vir jou se om te doen.
Pas jou op my kind.
Ouma.
Nou hoe gemaak nou? Het hulle haar in die plek gedruk om dat hulle moes? Wat op aarde gaan aan? watse belofde praat sy van?
In die middel van die ou bed sit Linda. die enkel vel papier nog met beide handjies vas. Dis reeds agt uur in die nag. Die stappie deur die dorp was vinnig. Haar eerste indringer het ook opwagting gemaak.
Die dorp is klein en die mense sku. Soos wat sy verby die huise geloop het, het sy gesien hoe paar hul gesigte teen die donker vensters druk.
Daar was een vreemde mensling wat heel parmantig geglimlag het terwyl sy openlik na Linda gestaar het.
Die winkels was toe, die deure hier het nie tralies soos wat dit on die stad of enige ander plek in Suid-Afrika of sekerlik enige plek in die wêreld nie.
Geen dier word gehoor of eers gesien nie. Nie eers voertuie word gehoor nie.
Die huisies is almal van ronde klip gebou. Dit is regtig iets anders. Die blomme rank ook op die huisies soos Linda se eie huisie. Maar weer eens haar plekkie het aandag nodig. Daarom besluit ou Linda om weer haar roete te ruil terug huis toe.
Dit was tien uur toe sy begin het in die tuin. Droeë takkies is op een hoop gegooi en die bossies is sommer in n groot swartsak gegooi.
Die rank plantjies wat teen haar mure huis gemaak het het sy versigtig probeer af haal en direksie verander. So kan dit tussen die ander plantjies en blommetjies groei.
Waar sy vir 'n rukkie op haar agterstewe sommer so op die grond gesit. Vir 'n rukkie het sy aan niks spesefieks gedink nie. Net vir die moment was als in haar en om haar stil. Haar gedagtes wat 'n gemaal van emosionele waraboel was vandat ouma weg is was rustig. Haar hart was stil.
"Ek sal deur druk. Wat ook al gebeur." met die staan Linda op en stap terug na haar agterdeur toe. Sommer so deur die kombuis na die badkamer toe wil sy stap.
Bloed stol in haar are. Haar asem het vir so sekonde of twee net verdwyn.
Daars n man in haar huis.
Sy wil skree, geen klank kom uit nie. Half in die deur staan sy. Sy kan hol maar waarheen gaan sy. Sy ken niemand hier nie. Hardloop gaan sy nie nie vandag nie. Sy moet haar man staan. Niemand anders gaan dit doen nie. Wat gebeur moet nou maar gebeur.
"Wat soek jy in my huis? Wie is jy?" vra sy in 'n klein stemmetjie.
"Ag, kalmeer asseblief. Ek is nie van plan om jou iets aan te te doen nie."
"Daar is geen plek wat veiliger is as Le Mure nie. Dit kan ek jou waarborg. Kom sit asseblief." se die man heel duidelik op sy gemak.
Wie de hel is die man met die streelende stem. En net daar wip Linda haar. Genoeg is nou regtig genoeg. Eers word sy uit haar kinder huis geskop. Nou wil die mansmens vir haar staan sê sy moet kom sit! In haar huisie!
"Luister ek weet nie wie de hel jy is nie." Linda se stemmetjie bewe van woede. Die histerie wat besig is om op te stoot van die plek wa sy nie ken nie. Vinnig onderdruk sy dit.
"Maar jy is in my huis! Sonder dat jy genooi is sit jy in My plek asof als aan jou behoort... die is MY plek! Het jou ma jou nie maniere geleer nie? Lig jou en verwyder jouself voor ek..!"
Die man staan rustig op. Glad nie gejaagd of niks nie. Die stoel krap op die hout vloer . Soos wat hy opstaan.
Stadig stap hy na Linda. Soos die wolf wat na maande se honger sy prooi aanskou.
Hy is 'n volle kop lengte langer as sy, sy skouers is breed. Sterk arms hang aan sy sye. Die baard laat hom soos n grot man lyk maar ook nie. Sy oë.
Al staan hy sowat twee meter van haar af. Pen sy ligte bruin oë haar vas, ligte bruin oë met groen vlekkies.
"Wat gaan jy doen meisie? Jy ken niemand hier nie. Wat kan jy doen? Dis nie my skuld dat jy nie gehoor het dat ek klop nie?"
Se stem is kalm, rustig en... ag nee man! Hier is 'n onbekende mansmens in jou huis! Herinder Linda haarself.
"Loop asseblief!" Linda hele lyfie bewe. Haar handjies is klam, haar hart klop teen haar borskas. Irrasioneel en intens en dermekaar staan sy soos n bokkie wat vas gekeer is.
"Ek wou jou net waarsku, moet nie in die aand uit gaan nie. Hier is wilde diere wat rondloop." sê hy sag.
Stadig stap hy na Linda toe. Sy staan steeds by die koessyn. En reg voor haar staan hy stil.
Hy kyk af na haar. Sy pupile is groot. Maar soos wat sy op kyk na hom kan sy goue strepies in sy retina sien. Haar asem hou sy op. Haar lighaam bewe nou nog erger haar lippe is droog so vlugtig om haar ongemak te dwelg lek sy haar lippe vlugtig.
Sekondes tik verby toe sy besef dat die man eintlik by die opening wil uit.
Genageglik het sy niks buite nodig nie. Ouma se brief is steeds vas geknyp in Linda se vingers.
YOU ARE READING
Beloftes Maak Skuld
ChickLitLank terug toe tye vol geweld en dood was. Het een klein armoedige famielie wat honger pyne te goed geken het. 'n belofde gemaak. Vir geslagte was die belofte oorgedra. Behalwe die laste geslag. Tyd is teen Linda, die generasies voor haar is ook tee...