HOOFSTUK DRIE

13 1 0
                                    

"Sy is hier! Sy is hier!".  Sara die bediende het so halwe knou weg.  Altans almal hier dink so.  Sy sê 'n ding soos dit is maar sy praat ook oor dinge wat enige normale mens laat skouers op haal en weg loop.

"So klein ou fyne dingetjie, donker haartjies groot bruin ogies."  Dis nou nie dat enige een behalwe sy en haar kroon weet wat aangaan nie.  Maar geluk kom mos so met iemand anders se ongeluk.

Hastig beweeg sy uit die kombuis opsoek na die heer en meester van die huis en dorp.

As mens hom soek kry jy hom nie in die hande nie, as jy skinner dan vind hy jou soos n naald in 'n hoop hooi.

Vreugde borrel diep binne Ina, al weet sy dat die meisie mens se lewe nie baie lekker kan wees veral nie die feit dat sy by geslagde terug se belofde sal moet staan nie.  Ina gee nie eintlik om nie, die meisie is mooi maar mooi maak ook nie als maklikker nie.  Dinge moet maar kom soos dit is.

Binne die duur gemubiliseerde huis is daar niemand behalwe die sleg lui hond wat altyd net slaap.

"Ek soek die hele wêreld vol, hoekom sit meester buite soos een wat bedruk is?" hande op haar vet heupe staan sy.  Hulle rolle vir buite pas perfek in 'n dorpie soos Le Murre is niks soos wat dit op die oog af lyk nie.

"Wat soek jy nou weer? Het jy nie werk iewers om te doen nie?" Clause se siel is uit die ou jare, maar sy gelaatstreke is die van 'n man van dertig.  Oor tien jaar sal dit net sy siel wees wat ouer is.

Sara klik haar tong vervies.  Hoe kan hy so misluk wees as sy vir hom sulke goeie nuus bring.  Hulle elende is op einde en al wat hy kan doen is nors wees oor amper als.  Maar dis reg hy sal n ander deuntjie sing as hy haar gesien het.

"Ek is moeg, gaan soek vir jou iets om te doen."  Clause heerser van Le Murre.  Hy is 'n redelike werkgewer.  Net nie vandag nie.

Diep binne hom is daar 'n gevoel van verslaantheid en eensaamheid wat net nooit gevul kan word nie.  Als oor een belofde wat gemaak was.  Een op offering van iets wat hy nooit gedink het hy sal nodig hê nie.

Vir jare moes hy alleen wees omdat jakals slimmer as wolf was.  Uit irretasie het hy 'n skenking gemaak maar dit het veroorsaak het dat hy alleen deur die lewe moes dwaal.

"Sy is hier! Die een wat jou jou hart het. Sy is hier jy moet haar gaan sien.  Die een wat jou binneste gaan wakker maak."  Opgewonde soos 'n kind.

"Sy het gister hier aan gekom. Verwese en verdwaal.  Uiteindelik is sy is hier.  Jy moet gaan kyk meester.  Sy is klein en fein. Kom..." met mollige handjies reik sy uit.   Met 'n klap van Claus val dit terug na haar seie.

"Sal jy jou lawwigheid laat staan man. Gaan kry vir jou iets te doen voor ek my verder vir jou vervies.  Toe man, maak jou hande besig."  Die weesen se kop werk nie reg nie.  Sy vergeet met wie sy praat.  Sy eie skuld maar aan die ander kant kyk sy tog mooi agter hom.

Seker die dat sy met hom praat soos sy wil ook.

"Ga! Meester is vir gin niks befoeterd nie.  Jy sal jou krul kop moet laat sny hoor.  Willi ons staan en skaam vir ons meestertjie nie."  Sara kan mens se bloedruk opstoot wanneer sy die dag lus is.   Sy bedoel goed, partykeer.

Clause staan toe maar op van sy sit plek af.  Want as die vroumens eers jou bloedruk begin opstoot hou sy nie op nie, sy is wertlik bang vir niks nie.  Dit is wat gebeur as jy so te se nie kan dood nie.

"Ooh, sy is mooi.  Ek't haar van vêr gesien sommer vroeg al begin rond snuffel.  Stap die hoof straat op en af. Almal loer vir haar, honger wolwe die hele klomp van hulle.  Kom, kom gaan was.  Dalk moet ons haar nooi om te kom..."

"Sara dit doen jy nie! Loop nou man. Daai bossies beter uit wees. Ek gaan 'n draai loop."

Dit was baie baie melenias terug wat Claus hoë gesienne man wat geen einde aan sy rykdom geken nie.  Maar dit was nie genoeg nie.  Dit is nooit genoeg nie. Vrygewig was hy ook nie.

Dit was stormweer buite, in 'n dorpie soos hierdie het hy gewoon in Penselvania.  Die wind het verwoestend gewaai en die sneeu het amper op een slag berg toppe toe geval.  In die huttjies het wolke rook uit gekom almal was binne -muurs.   Almal behalwe een gesin wat als verloor het omdat hulle uitgejou was as hekse.  In daai gesin was 'n meisie van omtrent agtien.

Sy het die mooiste rooi hare gehad, en oë blou soos die lug op n mooi somers dag. Haar naam was Beth.

Na die mense haar moedertjie as heks uitgejou het was sy gemartel voor haar gesin tot sy oplaas voor haar dood herken het dat sy 'n heks was onder geweldige druk.  Vir maande was sy en ander beskuldiges in 'n klein verlate geboutjie in gehok.  Daar was dae wat verby gegaan het waar hulle niks kos gekry het nie.  Gereeld was sy en die ander vrouens bloot gestel aan die res van die gemeenskap as beskuldige van heksery.  Elke vlekkie, geboorte merk en moessie was as teken van bewys van dat die mense 'n ooreenkoms met die duiwel homself het.

Beth die aangewysde heks se dogter was die een met geheime.  Maar die ouer hart sal enige iets doen om haar kroos te beskerm maak nie saak wat nie.

In storm weer na Beth haar familie in n rots skeiling veilig gemaak het, nadat hulle huisie deur die inwoners van hul dorpie af gebrand het.    Sy het kilometers vêr gestap met een doel in gedagte.  Vol moed en hoop het sy gevorder. Tot sy aan die deur van Clause gestop het.

Die meisie wat hy gesien het was trots toe hy haar voor sy slawe en vriende verneder en verkleineer het.  Hy as 'n gesiene meester en ryk vriend 'n regte magnaat aan die regte klas mense.  Hy kon op daar die stadium maak met die onderdane soos hy wou.

Nederig was hy nie.  Rykdom en status was sy forte.  Hy was jonk en hubaar so met die dames kon hy hiet en gebiet soos wat hy wou.

''Asseblief, gaan was jou voor jy verder in my woning kom.'' Het Clause haar neus in die lug toe gesnou.

  Ergste was die gelag van die omstanders, die vinger wys as of die meisie daar was om hulle te vermaak.

Verneder het sy in mekaar gesak. Die bietjie hoop wat sy in haar gehad het, het verdwyn. 

Saggies het die meisie gesnik.  Op haar kniee was  sy.  Verstoot en alleen. 

Maar Clause het geen jammerte teenoor haar gewys nie.

''Wat het jy te se weesen?''  Het hy ekstra hard gepraat.

Sy het 'n gediggie op gese of so het dit geklink.  Sy het op gestaan, haar vuil rok af geskud.   Wraak was in haar oe.  Sy het om gedraai en weg geloop. 

Omdat Clause was wie hy was het hy nie twee keer gedink oor wat gebeur het nie.   Hy het immers gaste gehad.

Beloftes Maak SkuldWhere stories live. Discover now