HOOFSTUK TWEE

24 2 5
                                    

Met tasse gepak. Staan sy buite op die sypadjie. Die huur moter is oppad.

Haar kinderjare speel voor haar oë.  Oums was vinnig om liefde te gee maar net so vinnig om pakslae te gee.
Oums se liefde vir rose was een goeie rede vir pakslae uitdeel.

Van modderhuisies tot water bootjies, koeksisters en vetkoekies met kaas. Ouma se liefde was een van onselfsugtigheid en vrede, dit is iets groots wat Linda nie meer het nie. Haar ouma was altyd daar. 'N drukkie hier en daar of 'n soentjie vir die geskaafde knieg. En altyd 'n ek is lief vir jou  voor haar kinder ogies sluit in die aand.

So staan Linda en kyk na die baksteen huis. Die paar bakstene wat Linda geverf het is nog so helder soos die dag toe haar ouma haar agterstewe aan die brand geslaan het oor die stukkie kuns. Nie eers om te praat van die groot boom in die agter erf wat deurtjies nodig gehad het vir die dwergies en feetjies wat nie kon uit kom nie.

Dit was haar huis, haar lewe en nou is dit daarmee heen.

Die pad lughawe toe was hopenloos te kort vir haar gedagtegang.

Die roos wat sy gepluk het sal sy in haar tas moet sit. Dit is al wat sy kan saam vat. Mooi rooi een met baie blaartjies wat nog toe gevou is.

By die lughawe word Linda gestuur na die klein ingang wst lei na die kleiner privaat deel van die lughawe. Daar klim sy oor op n vliegtuig wat ook privaat is. So is sy oppad na 'n onbekende plek toe wat niemand eers regtig van weet nie.

Hoe kon haar ouma haar net so weg smyt?  Uit woede het sy besluit om nie die brief te lees nie en hys boonop diep in haar tas weg gepak. Almal het haar net so weg gesmyt gemaak of sy 'n siel is wat net daar rond beweeg het.

Uigeput fiesies en emosioneel stap sy tot by die persoon wat haar naam netjies op 'n bordjie geskryf het. Met die kleinste glimlag groet sy die mannetjie wat hastig haar taste op die blink trollie pak. En dan volg sy hom na buite, te moeg om veel aandag te gee aan wat om haar aangaan.

Die rut in die kar is duur lank genoeg dat sy darm die son sien opkom.

Uiteindelik kom die geel voertuig tot 'n stop. Die vervalle klip muur groet hulle.

"Uitnodiging of verblyf vra die brandmaer ou oom wat net skielik by die muur opgeduik het.

"Askies?" Vra Linda onseker.

"Poppie kom kuier of kom bly jy?"  Vra die omie met 'n hees stem.

"Ek is nie regtig seker nie." Toe onthou sy van die rooi  koevert wat sy moet wys.

Met die oorhandiging se die man.

"Jy kom om te bly meisikind " vir een of ander rede lyk die ou man half jammer mar net 'n fraksie van 'n sekonde.

Na die man aan die drywer gesê het hy kan in gaan. Beweeg die drywer defnetief sonder om te soek na haar nuwe tuiste.  Vreemd dat als grondpad is maar net wat sy sover gesien het lyk als  eenvoudig maar skoon.

Die plekkie waar sy nou gaan bly is vêr van die ander huisies. En dit lyk vir haar groter as die ander.

Die huis se mure is gebou van klip, en rank plante het reeds teen die muure hul plekke om te groei. Die bome is hoër as die huis en dit lyk as of die bome die huisie omvou.

"Dis mooi." Is al wat sy kon se.

Twee slaapkamers, oop plan kombuis met n koolstoof. Groot ou stewige donkerbruin banke daars n eetkamer ook. Dit is mooi en luuks.

Hoe het haar ouma die plek bewerk as hulle konstant bymekaar was.

Die hoop van fotos van haar ouma was verniet.

Die brief in haar tas bly krap maar Linda het dit bly uitstel tot na sy haar klere uitgepak het. En toe weer tot na sy in die ou wit bad gebad het. So gou as wat die ondenkbare dag gekom het so vinnig is y ook verby.

Die frustrasie van hierdie hele situasie is die feit dat sy nie enige tyd gehad het om enige iets te doen of reël nie. Sy kon niemand groet of eens behoorlik afskeid neem van haar enigste bloed nie. Sy het nie 'n idee waar sy is nie. En nie eers om te noem dat haar ouma haar absoluut niks vertel het van die plek nie. Hoekom moet sy juis hier kom bly?

Was haar ouma dan nie lief vir haar dat sy nie haar genoeg kon vertrou net om vir haar te vertel van die plek of haar kon voorberei op wat vandag gebeur het nie.

Haar lyfie is seer en uitgeput. In die groot antieke bed lê sy. Snaaks genoeg dit ruik na niks. Ongelukkig is slaap so vêr van haar as wat sy van haar huis af is.

Wat is sy veronderstel om nou te doen? Sy is iewers alhoewel sy nou weet die plek se naam Le Murre is, waar gaan sy werk kry? Haar foon werk nie, die syn bestaan nie in die plek nie.

Op die ou end besluit sy om so vroeg moontlik môre oggend haar tekkies aan te trek sodat sy kan sien wat waar in die dorpie is.

Dit gaan seker nie help sy sit en bejammer haarself oor dinge wat ander mense aan haar gedoen het nie. Maar vir nou moet sy rus sodat sy môre ten volle kan fokus op wat gedoen moet word.

Ouma se brief sal maar nog n rukkie weg gebêre bly.  Tot ou Linda kan besluit wat gaan vir wat.

Met 'n traan in haar oog raak sy uiteindelik aan die slaap. Haar hoop kwyn en dit maak haar seer nog seerder. Hoe bou mens 'n nuwe lewe op onsekerheid? Hoe staan mens op na mens nie net iemand wat jy so bitterlik lief het jou weg gooi soos 'n vrot vel?

Beloftes Maak SkuldWhere stories live. Discover now