My hart is soos ń boek.
Jy is die geskrewe gedeeltes tussen kommas, punte en die uitroeptekens. Nie ń bekende Shakespeare storie nie. Niks te ingewikkeld nie. Net ń doodgewone Ingrid Jonker gedig in my harts-boek. Swart ink op wit papier gegraveer. Ń mooi kursiewe, leesbare skryfstuk.
Sag
Elegant
Passievol
Kragtig.Stadig streel ek oor die bladsye.
Mag jy die band van liefde eindeloos oor jou voel soos wat ek aan jou raak en ek hoop dat jy liefde deur jou woorde spreek soos wat ek jou oor en oor lees en verken.
-C.STEYN