Jy kyk in die spieël en jy weet hoe dit is
Om een te wees
Wanneer albei jou bene saam dik genoeg is om een te wees
Maar jou brein en jou liggaam is nie een nie.Want jou liggaam sê vir jou jy is besig om te sterf
Maar jou brein sê vir jou jy is te vet en swaar om swaar te kan kry
Te oorgewig om 'n swaar trommel te kan dra
Die trommel van jou mislukking en leed.Soveel groter as jyself maar nog steeds diep in jou die onderspit gedelf
Onsigbaar vir die oog
Die stem wat vir jou sê dat al wat saak maak
Is hoeveel vlees nog aan jou geraamte kleefSodat jou siel dag na dag; jaar na jaar; kleiner krimp
Totdat daar naderhand slegs 'n geraamte van oorbly
Jy weet lankal nie meer wat dit beteken om te leef ... nie
Vir jou lyk dit asof jou siel in jou groot liggaam se bloed verdrink.Al daardie bloed; dis te veel
So jy sal maar moet af met die keel
Dis al manier om die vloei van vet te stop wat besig is om jou siel te versmoor
Sodat jy dit nooit weer hoef te sien nie...nooit wéér nie.En net jou siel bly oor
Na al die spiere, vet en beenmassa verdwyn het
Is dit al wat jou kan motiveer om aan te gaan
Om 'n hap van 'n spinasieblaar te vat en dan op te staanOm te gaan hardloop met al die krag in jou uitgeteerde liggaam
Want God het mense gemaak om mooi en gesond te lyk
Lelik en oorgewig is van die Duiwel; of so dink jy.Wat te erg is; is te erg.