Karakters: Bennie, Chris, Annebelle
*Chris en Annebelle buite die kamer, Bennie is klaar binne*
Annebelle: Het jy gehoor van die argument tussen Justin Bieber en Selena Gomez?
Chris: Ja, blykbaar het Justin weer vir Selena verneuk en...
Bennie: *Val in die rede*
Almal wat teenwoordig is wil wees in die argument moet asseblief binnekom.
*Chris en Annebelle gaan binne*
Annebelle: Kom ons hoop net dat dit die keer nie vervelig sal wees nie.
Chris: Ja, nee wat. Die laaste argument was dood.
Bennie: Vandag bespreek ons die belangrikheid van skool...
Chris: *staan op* Nee dankie! Ek verlaat nou!
Annebelle: Hoekom? Skool is baie belangrik!
Bennie: Ekskuus tog! Sal julle jul sitplekke inneem?
Annebelle: *Probeer chris laat sit* Komaan! Sit vir vyf minute ten minste.
Chris: Nee! Skool. Is. Vervelig!
Bennie: *sarkasties* Wil julle dan hier voor kom praat? Dit lyk so.
Annebelle: Natuurlik sal ek wil! Kom Chris.
Chris: Moet my nie forseer nie. Los my uit!
Bennie: Asseblief kalmeer! Ek sal julle vra om te verlaat.
Annebelle: Toe nou, Chris. Dit is tog nie so vervelig soos laas keer nie, is dit?
Chris: O-nee, dit is erger.
Bennie: *ongeduldig* Moet ons die onderwerp verander?
Chris: *oortuigend* Dit klink nou soos 'n plan!
Annebelle: *geirriteerd* Maar na wat toe?
Bennie: *bereidwillig* Indien julle enige voorstelle het, luister ek graag.
Chris: Het jy 'n voorstel, Annebelle?
Annebelle: Nee, nie iets waaroor julle sal wil gesels nie.
Bennie: *teleurgesteld* Wat van hoe swak die Bokke die naweek gespeel het?
Chris: Ek stem saam daarmee! Annebelle, jy kan maar verlaat; wat sal jy van rugby weet?
Annebelle: *aanstotend* Verskoon my! Ek is ook 'n boer.
Bennie: Oukei, wat van ons verander die onderwerp na seksisme toe.
Chris: *sug* Ag nee, alweer met die storie?
Annebelle: *entoesiasties* Ek dink dis 'n briljante idee!
YOU ARE READING
The complete school reports and essays
RandomYou have a school report or a 500 word long essay? You need inspiration? You hate being cheesy to come up with a cool or cute poem? You need an example? Or do you need a piece for drama? What about a prepared or unprepared reading? Look no further...