Sal jy?

92 5 1
                                    

Ek sal jou hartseer op my skouers
dra, sodat jy, regop, jou gesig kan wys
aan die wêreld.

Ek sal al die sterre steel en
wegsteek, sodat jy die
helderste kan skyn.

Ek sal vir jou dig met my
glimlag, 'n liefde laf
en soetsappig.

Ek sal jou ma selfs verdra,
al weet ek sy hou nie
van my.

Ek sal jou hand vashou, en
elke dag sê:
Ek's lief vir jou.

Maar sal jy?

S.M

Joernaal Van 'n Gebroke SielDonde viven las historias. Descúbrelo ahora