Om jou te ontmoet was blote toeval;
soos die tipe toeval wat gebeur as jy
sommer so
'n twee rand in die kloumasjien stop
en 'n sagte prys vang; op die eerste keer.Om jou lief te hê was 'n verskuilde seën;
soos 'n veldbrand wat alles verswelg
en alles tot niet maak,
sodat die sagte reën kan val
en Proteas kan blom in my hart.Om jou te verloor was die einde van my sinne;
die koue realiteit van lewe wat saggies
my wang streel en fluister:
Hy kom nie terug nie. Jy's alleen. Dis jou skuld.Jy was my blote toeval, my seën, my seerste seer.
ESTÁS LEYENDO
Joernaal Van 'n Gebroke Siel
PoesíaGedigte wat jou twee keer laat dink. Die goed, Die Sleg, Die waarheid. 'n Dieper insig in Afrikaans.